Die interpretasie van J.S. Bach se B mineur-suite, BWV 1067, soos voorgeskryf in die 2001-Unisa-houtblaasleerplanne
Abstract
Die danse in die B mineur-suite is onafhanklike instrumentale musiek, maar dit is so
dansmatig dat sommige van die danse, soos die menuet, we1 as begeleiding vir die
danspassies kon dien. Die titel rondeau verwys egter eerder na die vorm as dat die
dans kenmerke van die primitiewe rondeau het. Die danstitels gee duidelike riglyne
oor die atmosfeer en karakter van die dans, hoewel daar ook ander faktore soos
toonsoort, intervalle, dissonante, tempo-aanduidings en instrumentasie is wat
leidrade gee oor die heersende affek. Die interpretasie van die danse word grootliks
deur die heersende affek bepaal.
'n Karaktereienskap van die rondeau is die terugkerende tema, en 'n karaktereienskap van die gavotte is die opslagmaat. 'n Gavotte se affek is jubelende
vreugde, 'n rondeau se affek is vrolik en lewendig, en die toonsoort B mineur is
hartseer. Daarom behoort die tempo tussen 72 en 88 vir 'n halfnoot te wees sodat
die tweeslagmaat steeds duidelik bly en dit nie soos vierslagmaat voel nie. Hoewel
non legato die standaardartikulasie in die Baroktydperk was, kan die agstenote in
pare van vier saamgegroepeer word om die tweeslagmaat te beklemtoon. Die
rondeau-tema word uitgelig deur die artikulasie van twee kwartnote onder een
artikulasieboog. Die ornamentasie in die rondeau is meestal aangedui. 'n Paar
mordente kan, ter wille van afwisseling en om die hoofpolse te beklemtoon, op die
halfnote in die rondeau-tema ingevoeg word.
Die sarabande is van Spaanse oorsprong en was vroeer 'n onbetaamlike en vinnige
dans. In Bach se tyd was die sarabande egter ekspressief, melankolies, waardig,
ernstig en selfs geestelik. Die tempo van die sarabande is stadig en gewigtig om
sodoende die melankoliese affek te bewerkstellig. Die mees aangehoue en swaarste
aanslag is gepaste artikulasie vir die sarabande. Die unieke ritmiese organisasie van
die sarabande het tot gevolg dat die klem gereeld op die tweede polsslag in die maat
val. Die tweede polsslag behoort deur middel van artikulasie geaksentueer te word.
Die bourree is 'n kragtige, vreugdevolle en lewendige volksdans wat matig vinnig
uitgevoer behoort te word. Die goed gedefinieerde artikulasie verleen aan die
bourree sy unieke karakter. Die metrum is tweeslagmaat, wat die artikulasie ligter
maak en in halfnootpolsslae saamgroepeer. Daar kom enkele Schneller en 'n
kadensiele bohulpnoottriller voor. Die lewendige affek maak bykomende ornamentasie oorbodig.
Die polonaise is 'n statige, seremoniele en militgre Poolse dans met adellike sjarme in
enkelvoudige drieslagmaat met 'n stadige tempo-aanduiding (lentement), die enigste
tempo-aanduiding in die B mineur-suite. Die artikulasie behoort skerp te wees om
die kenmerkende polonaise-ritme, wat op die polsslag begin, te beklemtoon. Die
appoggiaturas en die afsluitingsnote gee leidrade dat trillers op sommige van die
gepunteerde agstenote op die derde polsslag ingevoeg kan word. Daar kom ook
kadensiele trillers, Schneller en kort appoggiaturas voor om die majestueuse affek
van die polonaise te beklemtoon.
Die double van die polonaise is die dans waar die rol wat instrumentasie op affek
speel die duidelikste na vore kom. In die double is dit slegs die melodiese basso
continuo (luit, teorbe, harp, lirone, sister, spinet, chitarrina, pandora en soortgelyke
instrumente) wat saam met die fluit speel (Arnold, 1961:68). Die tjello was vir
orkesmusiek die vanselfsprekende keuse (Donington, l963:269). Die tjello gee 'n
swaarmoedige en soet affek aan die double.
Bach se menuette behou gewoonlik 'n kalm, elegante, matig vrolike karakter met
melodiese eenvoud en subtiele ritmiese nuanses. Daar behoort net een polsslag per
maat te wees en die menuet moet eerder 'n 614-gevoel kry as 'n 314-gevoel. Hierdie
menuet het 'n melankoliese ondertoon vanwee die B mineur-toonsoort. Om die affek
van sjarme en grasie goed na vore te bring, behoort die gevarieerde groepering van
legato-agstenote, afgewissel met staccato-agstenote, duidelik geartikuleer te word.
Die appoggiaturas in die menuet word lank uitgevoer om die melankoliese ondertoon
te ondersteun. Die trillers het meestal deurgangsfunksies en word dus as Schneller
uitgevoer. Die kadens kan deur Schnellerversier word.
Die badinerie is 'n grappige, skertsende, tergende karakterstuk wat in die B mineursuite voorkom. Die affek is vrolik en lewendig en daarom word die artikulasie so lig
as moontlik uitgevoer en is die tempo baie vinnig. Die trillers is non-akkoordnote en
word daarom kort en vinnig as Schneller uitgevoer.
Die oneindige aantal reels kan soms die inherente speelsheid van die Baroktydperk
onderdruk. Barokmusiek moet die luisteraars meesleur en emosioneel raak.
Artikulasie, ornamentasie, tempo en artikulasie was deel van die omvang van
tegnieke om dit te bewerkstellig (Brown & Sadie, 1989:17).
Soos dit in hierdie studie duidelik geword het, kan die historiese bronne lig werp op
die interpretasie (affek, tempo, artikulasie en ornamentasie) van die Barokdanse in
die B mineur-suite. Daar is egter nog ruimte vir verdere studie oor al die ander
Barokdanse wat vir ander houtblaasinstrumente en in ander grade deur UNlSA
voorgeskryf word. Die historiese uitvoeringspraktyk van Barokdanse wat vir instrumente wat nie Barokinstrumente is nie (soos klarinet en saksofoon) verwerk word,
kan nog onder die loep geneem word. Die betroubaarheid van uitgawes is 'n verdere
belangrike kwessie met betrekking tot die interpretasie van Barokdanse wat nog
ondersoek kan word.
Collections
- Humanities [2693]