The Apostle Paul and homosexuality : a socio-historical study
Abstract
Hierdie proefskrii is 'n teologiese studie. Die uitgangspunt vir die studie hou rekening
daarmee dat God betrokke is in die sosiale omstandighede van die mens en dat hierdie
betrokkenheid weergegee word in die Bybeldele wat na homoseksualiteit vewys (Rom 1:26-27; 1 Kor 6:9-10; 1 Tim 1:9-10).
Ou-Testamentiese seksuele moraliteit is nou verbonde met die konsep menslike natuur. Die onderskeid tussen manlik en vroulik moet nie geignoreer word in die beoordeling van homoseksualiteit nie. Die Bybel dui aan dat hierdie onderskeid deur God so geskep is. Hierdie gegewe realiteit word in die Nuwe Testament verdiskonteer deur seksuele moraliteit te definieer in terme van heteroseksuele optrede in teenstelling met die Grieks-Romeinse seksuele moraliteit wat bi-seksuele en homoseksuele optrede as normale uitdrukking van seksualiteit beskou het. Beide die Nuwe Testament en die Judaistiese tradisies verwerp homoseksuele dade as normale uitdrukking van seksualiteit. Uitsprake oor homoseksualiteit in die eerste eeu nC is hoofsaaklik beperk tot manlike homoseksualiteit; vroulike homoseksualiteit kry relatief min aandag. Homoseksualiteit is beskou as 'n manlike onsedelikheid. Pederastie was gesien as 'n heidense onsedelikheid en kry geen implisiete of eksplisiete aandag in die Bybel nie.
Collections
- Theology [782]