The month of August - an Annales approach to the history of the Kowie: August 1881 to August 1914.
Abstract
• Opsomming:
Die analities-historiese denkrigting in Frankryk, bekend as die Annalesskool,
is deur Lucien Febvre en Marc Bloch tot stand gebring en meesterlik
deur Fernand Braudel in sy klassieke werk oor die Middellandse Seegebied
(1949) toegepas. Hierdie benadering geniet reeds wêreldwye aansien
en navolging omdat dit die klem hoofsaaklik laat val op die soort
geskiedenis wat nie op die tradisionele vlak of in gebaande weë lê nie.
Gevolglik bied dit 'n uiters geskikte metode waarvolgens 'n plaaslike
gemeenskap bestudeer kan word. Die Annales beoog onder meer juis
om 'n gemeenskap se denk- en handelswyse (mentalité) te begryp deur
byvoorbeeld na te gaan in hoeverre selfs elementêre faktore - soos die
weerpatroon - die bestaan van so 'n gemeenskap beïnvloed of tot
sonderlinge standpunte/houdings en gedrag lei. In hierdie bydrae word
gepoog om die mentalité van die Kowie (Port Alfred), 'n gemeenskap
aan die Oos-Kaapse kus, oor 'n tydperk van ruim dertig jaar te ontleed. • Summary:
The Annales is an internationally renowned French school of historical
analysis founded by Lucien Febvre and Marc Bloch and brilliantly expounded
by Fernand Braudel in his classic work on rhe Mediterranean
and the Mediterranean world (first published in 1949). By its emphasis
on history that happened off the beaten track, the' Annales lends itself
particularly well to rhe study of a local community. Its aim is inter alia to
capture a community's mentalité, namely its peculiar attitudes and ethos
as shaped by even the most elemental facts of its existence, including its
pattern of weather. This article is an effort to analyse the mentalité of the
Eastern Cape coastal community of the Kowie (Port Alfred) over a period
of more than thirty years.