• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Inaugural Lectures
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Internasionale ooreenkomste oor die omgewing : implikasies vir Suider-Afrika en universiteite / Henk Bouwman

    Thumbnail
    View/Open
    Bouwman_h.pdf (219.1Kb)
    Date
    2007
    Author
    Bouwman, Henk
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Internasionale ooreenkomste oor die omgewing: Implikasies vir Suider-Afrika en universiteite. Een van die gevolge van die toenemende industrie en ontwikkeling van die mens, is die gepaardgaande vorming en vrystelling van besoedelstowwe, wat die gesondheid van die mens en omgewing versteur. Internasionale Ooreenkomste oor die Omgewing (IOO's) is 'n manier om die probleem aan te spreek. Persisterende Organiese Besoedelstowwe (Persistent Organic Pollutatants POPs) word beskou as 'n ernstige besoedelingsprobleem. Dit was die onderwerp van intense onderhandelings, wat gelei het tot die bekragtiging van die Stockholm Konvensie. Wetenskaplike kennis was deurslaggewend, aangesien wetenskaplike ondersoek die probleem eerste ontbloot het. Ek voer aan dat die gebrek aan dieptekennis oor POPs in ontwikkelende state beperkend was tydens die onderhandelings. Hierdie beperking sal van krag bly tydens die implementering en verdere ontwikkeling van die Konvensie. Die geval van DDT en malariabeheer, waaroor Suid-Afrika genoegsame data en inligting gehad het , het egter getoon dal 'n voordelige posisie beding kan word met kennis en inligting. Dit was nie die geval vir gechloreerde dioksiede en furane nie, twee van die belangrikste POPs. Die Stockholm Konvensie bied egter die geleentheid van addisionele hulpmiddele vir ontwikkelende state om POPs aan te spreek, insluitend DDT vir malariabeheer , asook om vrystelling van die baie toksiese , nie opsetlik gevormde POPs te verminder. Institusionele en akademiese instellings moet egter self die geleenthede herken en benut, sodat studente , navorsers en regeringsamptenare beter toegerus kan word om hierdie gevaarlike groep chemikalieë te ondersoek en te bestuur.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/6378
    Collections
    • Inaugural Lectures - Potchefstroom Campus [358]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV