NWU Institutional Repository

Waardegedrewe gemeenskapskommunikasie : die sosiale entstof teen MIV/VIGS? / P.J. Schutte

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Schutte, Paul J

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Potchefstroom : Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (Suid-Afrika)

Abstract

Volgens die resente statistiek neem die voorkoms van HIV/vigs in Suid-Afrika steeds nie af nie, ten spyte van intervensieprogramme en die tot stand komming van vigsrade. Wat die medium tot lang termyn betref is daar myns insiens 'n groter kans op suksesvolle voorkoming van HIV/vigs as die fokus sterker verskuif na meer horisontale kommunikasie op gemeenskapsvlak as die huidige, hoofsaaklik regeringsgedrewe, eenrigting van-bo-na-onder-kommunikasie waar oplossings oorwegend deur die nasionale media gekommunikeer word. 'n Dialogiese interpersoonlike en interaktiewe gemeenskapsfokus is dus dringend nodig. Verder moet hierdie gemeenskapsfokus op duidelike waardes gegrond wees om enigsins volhoubaar te wees. Geloofsgebaseerde organisasies behoort 'n veel groter rol te speel in vigsveldtogte waar die normatiewe eksplisiet uitgespel moet word.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By