• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1998 No 44
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1998 No 44
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The Botswana - Namibia boudary dispute. Towards a diplomatic solution or military confrontation.

    Thumbnail
    View/Open
    No_44(1998)_Le_Roux_CJB.pdf (1.660Mb)
    Date
    1998
    Author
    Le Roux, C J B
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die regerings van Botswana en Namibië is tans in 'n dispuut gewikkel oor die twee klein rivier-eilande van Sedudu (bekend as Kasikili onder die Namibiërs) en Situngu (bekend as Luyondo, Singobeka, Mbala of Zoti onder die Namibiërs). Die dispuut oor Sedudu-eiland dien tans voor die wêreldhof in Den Haag, terwyl Situngu-eiland die onderwerp is van 'n gesamentlike tegniese komitee bestaande uit verteenwoordigers van die twee regerings. Daar is min hoop dat die tegniese komitee 'n oplossing sal vind. Daar is ook 'n groeiende vrees dat, met die sterk emosionele en nasionale sentimente wat daar rondom die dispuut bestaan, die moontlikheid van 'n grenskonflik tussen die twee lande in die nabye toekoms nie uitgesluit kan word nie. Daar is politieke waarnemers wat Botswana se versnelde bewapeningsprogram selfs direk met die dispuut verbind. In 1996 is dit in die pers gerapporteer dat die Botswana regering Ban die onderhandel was vir die aankoop van dertien Kanadees-vervaardigde F-5 vegterbomwerpers vir die Botswana weermag teen 'n koste van $50 miljoen. Volgens ander berigte was Botswana blykbaar ook in die mark vir die aankoop van vyftig tweedehandse Duitse "Leopard II" tenks, ses en dertig Britse "Scorpion" tenks, 200 troepedraers en 'n onbekende hoeveelheid artillerie stukke teen beraamde fatale koste van sowat $63 miljoen. Botswana se verdedigingsbegroting het skerp toegeneem vanaf P243.5 miljoen (Pula) in 1989/1990 tot P625 miljoen (ongeveer R833 miljoen) in 1995. Die doel van die artikel is om Botswana se versnelde bewapeningsprogram te ontleed teen die agtergrond van die eiland-dispuut in die Kaprivi en die voorneme van die Namibiese regering om groot hoeveelhede water deur middel van 'n reuse pylyn uit die Okavango-rivier naby Rundu te onttrek. Laasgenoemde projek hou 'n ernstige bedreiging in vir Botswana se ekonomiese lewe in die algemeen.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/6314
    Collections
    • New Contree: 1998 No 44 [6]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV