• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1999 No 45
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1999 No 45
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Another side to warfare: caring for white destitutes during the Anglo-Boer War (October 1899 - May 1900)

    Thumbnail
    View/Open
    No_45(1999)_Grundlingh_L.pdf (2.993Mb)
    Date
    1999
    Author
    Grundlingh, Louis
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Oorloë bring verskillende soorte lyding vir burgerlikes. Militêre optredes lei dikwels tot die verwoesting van gemeenskappe en laat burgerlikes nie alleen dakloos nie, maar ook behoeftig. Gewoonlik word baie klem op die lot van die soldate en, soverre dit die Anglo-Boereoorlog aanbetref, veral die lot van die vroue en kinders in krygsgevangekampe, gelê. Dit het daartoe gelei dat die wyse hoe die oorlog ook tot groot ontbering vir gewone burgerlikes bygedra het en sommige van hulle in groot ellende gedompel het, in die historiografie van die Oorlog afgeskeep is. Die artikel beklemtoon die lot van daardie blanke burgerlikes van die Zuid-Afrikaansche Republiek binne die breërraamwerk van "Oorlog en die Gemeenskap" studies. Die fokus val op die rol van die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek om hulp en voorrade aan behoeftige burgerlikes te verleen vanaf Oktober 1899 tot Mei 1900. Aspekte soos die redes waarom die regering op sekere beleidsrigtings besluit het, die omvang van die probleem, die aard van voorrade wat die regering aan behoeftiges voorsien het en probleme om dit te bekom, die problematiek rondom identifikasie van wie werklik behoeftig was sowel as ad hoc relings om by die veranderende oorlogsomstandighede aan te pas, word ontleed. 'n Tweede fokuspunt is die behoeftes soos uitgespreek deur die behoeftiges en hul reaksies op die pogings tot hulpverlening deur die regering. 'n Duidelike onderskeid is gemaak tussen die behoeftes van stedelinge en plattelanders. Die effek hiervan word ondersoek. Hul voortdurende klagtes dat hulle nie voldoende voorrade ontvang nie, sowel as klagtes dat die stelsel waarvolgens voorrade voorsien is, misbruik is, word krities ondersoek. Uiteindelik moes die regering 'n moeilike balans vind tussen die behoeftes van die vegtende burgers en die behoeftige burgers. Hoewel eersgenoemde vanuit 'n oorlogsoogpunt gesien, hul eerste prioriteit was - en deurgaans gebly het - was stabiliteit op die tuisfront net so belangrik ten einde die moraal van die burgers op die oorlogsfront hoog te hou. Die onverkrygbaarheid van voorrade teen Mei 1900 sou egter alle pogings tot balansering in die wiele ry.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/6302
    Collections
    • New Contree: 1999 No 45 [13]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV