The roots of contemporary government and non-governmental environmental activities in South Africa, 1654 - 1972.
Abstract
Ten einde die eietydse regerings- en nieregerings-omgewingsaktiwiteite in Suid-Afrika na
behore te kan begryp en te kan beoordeel, word in hierdie artikel 'n evaluerende oorsig
gegee van die ontstaan en ontwikkeling van "environmentalism" in Suid-Afrika vanaf 1654
(toe die eerste maatreëls ingestel is om die omgewing vanaf staatsweë te bewaar) tot en
met 1972 (toe die United Nations Conference on the Human Environment te Stockholm
wêreldwyd 'n nuwe era in die geskiedenis van "environmentalism" ingelui het). Vier fases
in hierdie ontwikkelingsgeskiedenis is geïdentifiseer, naamlik 'n lang periode van wetlike
beskerming (1654-1883), 'n periode toe naas privaatbelange daar talle wildreservate en
nasionale parke geproklameer is (1883-1937), die era toe daar van proteksionisme na die
bewaring van natuurlike hulpbronne beweeg is (1937-1965), en ten slotte 'n kortperiode
wat as 'n omgewingsrevolusie tipeer kan word (1965-1972).