• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1999 No 46
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 1999 No 46
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919 - 1939.

    Thumbnail
    View/Open
    No_46(1999)_Oosthuizen_GJJ.pdf (4.461Mb)
    Date
    1999
    Author
    Oosthuizen, Gerhard J.J.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 die Kaapkolonie verlaat en hulle in 1870 in Rehoboth en omgewing in die gebied wat later as Duits-Suidwes-Afrika bekend was, gevestig. Suid-Afrika het in 1915 Duits-Suidwes-Afrika binnegeval en verower. Suidwes-Afrika is na afloop van die Eerste Wêreldoorlog as 'n C-mandaatgebied aan Suid-Afrika toegeken. Mandaathouers was onder die verpligting om C-mandaatgebiede te bestuur " ... as integral portions thereof... , but in the interest of the indigenous population" en onder jurisdiksie van die Volkebond. Hierdie verpligting is later vervat in Artikel 22 van die handves van die Volkebond en is verwys na as die sogenaamde "sacred trust". Hierdie artikel fokus op die konstitusionele stryd van die Rehoboth-Basters en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond in die lig van die sogenaamde "sacred trust". Baster-Suid-Afrikaanse verhoudinge is van meet af aan gekenmerk deur delikate konstitusionele onderhandelinge. Die Basterraad het ondanks hewige teenstand 'n konstitusionele ooreenkoms in Augustus 1923 aanvaar. Die ontevredenes het daarop hulle eie raad verkies, waarna verskeie vrugtelose versoeningspogings gevolg het. In Desember 1924 is die Suid-Afrikaanse Regering met 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekonfronteer, maar in April 1925 het die Suid-Afrikaanse Regering via magsvertoon die rebelle tot oorgawe gedwing. Die gesloer met die verslag van regter J. De Villiers het groot frustrasie in Bastergeledere veroorsaak. Die rebelle het hulle male sonder tal op die Volkebond en die Goewerneur-generaal beroep, en het die hantering van die Basterkwessie uiteindelik tot konfrontasie tussen die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond gelei. Die Baster Adviserende Raad wat deur die Suid-Afrikaanse regering in April 1928 ingestel is, is suksesvol deur die ontevredenes geboikot. In Augustus 1932 het die kaptein van die ontevredenes en 'n groot aantal van sy volgelinge, gemotiveer deur die advies van die Volkebond en die ekonomiese probleme van die dertigerjare versoen met die Minderheidsparty. 'n Grotendeels verenigde Bastergemeenskap het daarna tevergeefs gepoog om hulle konstitusionele posisie te verbeter. In 1939 het die Suid-Afrikaanse Geard-Allen-kommissie aanbeveel dat die Basterkonstitusie nie in daardie stadium heringestel kon word, aangesien die Basterleiers onbevoeg was om die Bastergemeenskap effektief te bestuur.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/6275
    Collections
    • New Contree: 1999 No 46 [7]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV