Show simple item record

dc.contributor.authorCilliers, Sarel Stephanus
dc.date.accessioned2012-03-06T09:05:24Z
dc.date.available2012-03-06T09:05:24Z
dc.date.issued2007
dc.identifier.isbn9781868225569
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/6274
dc.description.abstractStedelike Ekologie is 'n komplekse, interdissiplinêre en toegepaste wetenskap wat ekologiese begrip van mens-oorheerste ekosisteme. verhoog, belangrike inligting voorsien wat volhoubare ontwikkeling aanmoedig en Sosiale, Fisiese en Biologiese wetenskaplikes toerus om inligting doeltreffend te integreër. Hierdie doelstellings kan lei tot 'n samevoeging of eenheid van kennis oor dissiplinêre grense heen iets wat nie altyd in die wetenskap plaasvind nie (Alberti et al., 2003). Hierdie samevoeging van kennis word deur Wilson (l998) consilience genoem: Consilience is a grand synthesis or leaping together of our current state of knowledge by linking facts and fact-based theory across disciplines to create a common groundwork for explanation and a prediction of where we are headed. Sonder hierdie konsiliante sal sosiaal toepaslike en ekologies akkurate navorsing in stedelike omgewings nie moontlik wees nie, beleidsbesluite sal geneem word sonder die nodige toepaslike wetenskaplike inligting en stede sal op 'n toenemende nie-volhoubare wyse bly groei (Alberti et al., 2003). In die strewe na inter-en selfs transdissiplinariteit in Stedelike Ekologie moet die waarde van diepgaande dissiplinêre navorsing egter nie onderskat word nie. Costanza (2003) redeneer dat daar in die wetenskap van die toekoms 'n beter balans tussen analise en sintese moet wees. Analise is die onderverdeling van 'n probleem in sy verskillende dele om te verstaan hoe dit funksioneer (kan vergelyk word met dissiplinêre navorsing), terwyl sintese die vermoë is om die stukke op 'n kreatiewe wyse weer bymekaar te voeg om die groter probleem op te los (kan vergelyk word met inter-en- transdissiplinêre navorsing). Volgens Costanza (2003) moet universiteitskurrikulums geherstruktureer word sodat die analisesintesebalans ook daar nagestreef kan word, veral deur "probleem-gebaseerde" kursusse. Die oplossing van werklike probleme uit die leefwêreld van die studente (in hierdie geval die stedelike omgewing) ondersteun nie alleen sintese nie, maar lei ook tot die ontwikkeling van beter analitiese vermoëns aangesien studente meer gemotiveer is om analitiese metodes aan te leer wanneer 'n spesifieke probleem ter sprake is. (Costanza, 2003). Die toenemende verstedeliking wat wêreldwyd plaasvind, kan daartoe lei dat Stedelike Ekologie die "ekologie van die toekoms" is. Dit is dus belangrik dat universiteite wat spesialiseer in navorsing en opleiding in Omgewingswetenskappe hulle sodanig moet posisioneer dat hulle in die toekoms toepaslik kan wees deur 'n geïntegreerde benadering toe te pas.en_US
dc.publisherPotchefstroom : Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (Suid-Afrika)en_US
dc.relation.ispartofseriesWetenskaplike bydraes (North-West University (South Africa), Potchefstroom Campus). Reeks H, Intreerede ; nr. 216
dc.subjectUrban ecology (Sociology)en_US
dc.subjectStadsekologie (Sosiologie)en_US
dc.titleStedelike ekologie as geïntegreerde omgewingswetenskap / Sarel Stephanus Brinken_US
dc.typeOtheren_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record