Komatipoort: oostelike poort van Transvaal.
Abstract
• Opsomming:
Met die bou van die Oosterspoor tussen Pretoria en
Lourenço Marques (Maputo) in die negentiende eeu, is verskeie
dorpe in die Oos-Transvaalse Laeveld gestig, onder meer Komatipoort,
die laaste nedersetting duskant die Transvaalse grens met
Mosambiek. Sedert sy totstandkoming het hierdie dorp telkens ondergang
in die gesig gestaar. Die voorkoms van tropiese siektes het
menslike vestiging bemoeilik totdat die probleem deur die mediese
wetenskap opgelos is. Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog
(1899 - 1902) het Transvaal 'n Britse kolonie geword en daarmee
het die Oosterspoor sy politieke bestaansreg verloor. Transvaalse in- en
uitvoere kon deur die Britse hawens van Natal en die
Kaapkolonie gehanteer word. Later is die Oosterspoor weer in gebruik
geneem. In 1975 het Mosambiek 'n onafhanklike staat geword
nadat Portugal hom aan die gebied onttrek het. Verhoudinge tussen
Suid-Afrika en die Frelimo-bewind was aanvanklik nie goed nie met
die gevolg dat die spoorverkeer tussen die twee state tot stilstand gekom
het. In onlangse jare is dit egter weer hervat. Tussen al hierdie
beroeringe deur het Komatipoort steeds bly voortbestaan, grootliks
as gevolg van sy strategiese ligging en die uitbreiding van die boerderybedryf
in die omgewing. • Summary:
When the Eastern railway line from Pretoria to Lourenço
Marques was constructed in the nineteenth century, several towns
were developed in the Eastern Transvaal Lowveld, inter alia
Komatipoort, the last settlement on the Transvaal side of the border
with Mozambique. Ever since it was established Komatipoort's survival
has been threatened on numerous occasions. Until medical
technology countered the threats posed by tropical disease, this had
adversely affected human settlement locally. After the Anglo-Boer
War (1899 - 1902) the Transvaal became a British colony with the
result that the former republican line to the Portuguese port lost its
political significance since imports and exports passed through the
British-controlled ports of Natal and the Cape. Later the line was
taken into use again. In 1975 Mozambique became independent
when Portugal moved out of its former colony. Once more the
future of Komatipoort was in the balance as fewer goods were being
transported between South Africa and the harbour of Maputo.
Despite this, the third major setback in its short history,
Komatipoort holds its own largely owing to its strategic position and
local agricultural enterprise.