Die klein dorp in verval.
Abstract
• Opsomming:
Die verval van die klein dorp het reeds krisisafmetings aangeneem
op die Suid-Afrikaanse platteland. Dit word weerspieël in die
afname van veral Blanke-bevolkingsgetalle en dit benadeel die interne
struktuur en funksionering van die dorpe in terme van hul
dienste, fasiliteite, ekonomiese basis en sosio-ekonomiese bevolkingsamestelling.
Hierdie omstandighede het ontstaan omdat die bestaansfunksie
van sommige dorpe in die moderne tegnologiese
wêreld uitgedien geraak het, as gevolg van die bevolkingsverskuiwing van die platteland na die stede en sommige dorpe se ongunstige ligging. 'n Kitsoplossing vir die ingewikkelde probleem is nie voor-die-hand-liggend nie. Verskeie benaderings tot die probleem is
moontlik. Met die oog op gedifferensieerde bystand moet verskillende
vlakke van dorpe onderskei word. Die geringe tekens van oplewing
by nie-metropolitaanse gebiede bied moontlik ook geleentheid
om hoof- en ondersteunende dorpe met grootskaalse ontwikkelingshulp
uit te bou tot lewenskragtige streekskerne. Daar sal ook
rekening gehou moet word met die feit dat nie alle dorpe in die proses
gehelp kan word nie - sommige sal noodwendig aan voortgesette
verval oorgelaat moet word in 'n poging om die streek te red. • Summary:
The decline of the small town in the South African countryside
has reached a critical stage. This is reflected in the shrinking White population figures and is detrimental to the internal structure
and functioning of these towns as far as services, facilities, the basis
of their economies and their socio-economic population composition
are concerned. This situation is the cumulative result of an obsolete
reason for the existence of some towns in a changed technological
milieu, the migration of the population from the countryside to the
cities, and the incompetent state of some towns. Although an instant
solution is not available, several approaches to this complex problem
are possible. Different levels of towns could be identified before taking
differentiated remedial action. It is also possible to follow up the
slight signs of revival in non-metropolitan areas by using extensive
development aid to guide main and subsidiary towns into vital regional
centres. It should, however, be taken into account that not all
towns will advance this process - some will inevitably be subjected
to progressive decline in order to save the region as a whole.