Grensverhoudinge in die Noordwestelike Transgariep: die lotgevalle van die Kora tot 1858.
Abstract
• Opsomming:
Die Kora het 'n belangrike rol in die Transgariep (OVS)
gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu gespeel.
Teen 1858 egter, na die nederlaag van Goliat Yzerbek, het die
veeboer-swerwers van die toneel verdwyn. In die artikel word
gekyk na die lotgevalle van die mense. Georganiseer in klein
kapteinskappe en as besitters van vuurwapens en perde kon
die Kora dekades lank d.m.v. strooptogte en militêre alliansies
hulle gesag tussen die Riet- en Vaalrivier laat geld. Met die intrek
van die Griekwas o.l.v. Adam Kok en later die blanke veeboere
en trekkers is daar nie alleen perke gestel aan die Kora se vrye
beweging nie, maar al hoe groter druk is op hulle gronde
geplaas wat in Griekwa en blanke besit gekom het. Uiteindelik
is hulle deur die twee sterker groepe verdring en verdryf. • Summary:
The Kora played an important role in the Transgariep (OFS)
during the first half of the 19th century. By 1858, however, after
the defeat of Goliat Yzerbek, these migrant cattle farmers
disappeared from the scene. This article focuses on the
fortunes of these people living between the Riet and Vaal Rivers.
Organized in small chieftainships and in possession of fire-arms
and horses, the Kora dominated the area with their constant
raids, sometimes in military alliance with other groups. The
Griqua settlements under Adam Kok and the infiltration of whites
into this region however, restricted their movements and put
pressure on Kora land. Eventually, they were displaced and
dispersed by these more powerful communities.
Collections
- Contree: 1993 No 33 [12]