Some reflections on the history of Port Alfred in the aftermath of World War II.
Abstract
• Opsomming:
Hierdie artikel poog om die Oos-Kaapse gemeenskap
van Port Alfred tydens 'n redelik onlangse dekade van
sy bestaan uit te beeld. Hierdie re-evaluasie vind plaas
teen die agtergrond van die baanbrekerswerk van
Fernand Braudel van die Annalesskool en soos later
verfyn deur die moderne Britse streekshistorikus
Charles Phythian-Adams. Eerstens word die probleme
van oorlogtydse sloping uitgelig. Tweedens word
gelet op Port Alfred se aandeel in die koninklike
besoek van 1947. Derdens word ondersoek ingestel na
die reaksie van Port Alfred op die taan van die Smuts-era
in die politiek. Laastens word gelet op die rol wat
die dorp gespeel het tydens die nasionale Uitdagingskampanje
(Defiance Campaign) van 1952. Reg deur
die analise word erkenning daaraan gegee dat Port
Alfred ('n klein, afgeleë gemeenskap), 'n eie patroon
van bestaan het Hierdie patroon word egter ook
beïnvloed deur gebeure op beide nasionale en
internasionale vlakke. • Summary:
This article represents an attempt to portray the Eastern
Cape community of Port Alfred during a decade of its
more recent existence in an idiom pioneered by the
Annaliste Fernand Braudel and refined by a modern
English local historian, Charles Phythian-Adams.
Highlighted are first, the problems of war-time-dismantlement;
second, Port Alfred's "share" in the royal
visit of 1947; third, its response to the passing of the
Smuts era in politics and the advent of apartheid
including, fourth, the role it played in the national
Defiance Campaign of 1952. Throughout the analysis
there is the recognition that, although a small, out-of-the-way community has its own pattern of existence, part
of that pattern is fashioned by its linkage with
developments at both the national and international level
of human affairs.