'n Skeppende grensnyweraar: James Smith (1858 - 1934) meubelmaker van Noord-Transvaal.
Abstract
• Opsomming:
James Smith is een van die belangrikste figure in die
geskiedenis van meubelvervaardiging uit inheemse
hout in die binneland van Suid-Afrika. Hierdie
grenspionier van Noord- Transvaal het uit kiaathout
besondere meubelstukke vervaardig wat vandag van
besonder groot kulturele en historiese waarde is. Die
artikel ondersoek die herkoms van James Smith, die
evolusie van sy meubelstyl en die bedryf wat hy
gevestig het. • Summary:
James Smith is one of the more important figures in the
history of furniture manufacture from indigenous timber
in the interior of South Africa. This frontiersman of
Northern Transvaal used indigenous teak timber in the
manufacture of furniture. These pieces are of exceptional
cultural and historical value today. In the article the
earliest history of James Smith, the evolution of his style
and the unique type of industry that he established is traced.