Show simple item record

dc.contributor.authorBrockett, Linda
dc.date.accessioned2012-01-24T08:37:56Z
dc.date.available2012-01-24T08:37:56Z
dc.date.issued1996
dc.identifier.citationBrockett, L. 1996. The history of planning South African new towns: political influences and social principles adopted. New Contree : A journal of Historical and Human Sciences for Southern Africa. 40:160-179, Nov. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]en_US
dc.identifier.issn0379-9867
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/5351
dc.description.abstractSuid-Afrika het baie nuwe dorpe waarvan die meeste as gevolg van die mynbedryf en groot semi-staat ondernemings soos YSKOR ontwikkel is. Hierdie nuwe dorpe is beïnvloed deur die internasionale nuwedorp-beweging. Hierdie referaat poog om die invloede te analiseer en om die verskille tussen fisiese uitleg en ideologiese werklikhede uit te wys. 'n Groot gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis is beïnvloed deur die ontdekking van minerale, wat grotendeels verantwoordelik was vir die ontwikkeling van nedersettings. Die ontdekking van diamante in Kimberley in 1869 het bv. 'n massiewe instroming van mense tot gevolg gehad na die voorheen onontwikkelde binneland. Vroeë ontdekkings van die mineraalrykdom van Suid-Afrika het ook voorgekom in Pelgrimsrus, Barberton en Johannesburg, wat almal tot permanente nedersettings gelei het. Vandag, as gevolg van die tipe mineraalafsettings, is individuele prospekteurs skaars. Suid-Afrikaanse minerale word deur net 'n paar mynbedrywe, wat die benodigde finansies en tegnologie besit, ontgin. Die opening van 'n nuwe myn benodig 'n groot aantal werkers, wat die voorsiening van behuising noodsaaklik maak, dikwels in verafgeleë areas. Die konstruksie van myndorpe en die ontwikkeling van groot semi-staat ondernemings beteken dat die meeste nuwe dorpe in Suid-Afrika terselfdertyd ondernemingsdorpe is en hul plasing tot 'n groot mate voorgeskryf is deur die voorkoms van minerale of grondstowwe. Selfs dorpe soos Sasolburg en Vanderbijlpark is ondernemingsdorpe wat naby groot kole-afsettings geplaas is. Die nuwedorpbeweging in Brittanje en sy voorlopers - byvoorbeeld die dorpe gestig deur die "Enlightened Industrialists", die tuinstede, en die Amerikaanse groengordelstede - het almal sterk sosiale beginsels onderliggend. In hierdie referaat word beweer dat in Suid-Afrika - ten spyte van die feit dat die fisiese vorm van nuwe stede ‘n groot invloed op Suid-Afrikaanse dorpsuitlegte gehad het - baie min van die sosiale beginsels toegepas is. Die referaat bevraagteken die geldigheid van die vervreemding van die fisiese uitleg van die sosiale beginsels wat dit onderlê. Hierdie referaat bevraagteken ook die doeltreffendheid om buitelandse uitlegte na te boots by die uitlê van dorpe.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherDepartement van Geskiedenis, Universiteit van Noordwes / Department of History, University of North-Westen_US
dc.titleThe history of planning South African new towns: political influences and social principles adopted.en_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record