Paradigmatic confusion in the history of the 'New South Africa'.
Abstract
Post-apartheid Suid-Afrika is in baie opsigte 'n verwarrende kosmos van
hoop en geleenthede aan die een kant en talle onsekerhede aan die ander
kant. Hierdie bewussyn word ook in die dissipline van Geskiedenis
weerspieël. Historici word opnuut gekonfronteer met die taak om die
konseptuele metodologiese grondslae van die dissipline krities te oriënteer.
Gedurende die vorige dekades was die geskiedskrywing hier ter
plaatse hoofsaaklik daarop gerig om die apartheidsamelewing 6f te verdedig
6f te vernietig. Die gebruik van geskiedskrywing as 'n wapen het
uiteraard die tradisionele aard van geskiedenis ondermyn. Terselfdertyd
het die toenemend eensydige aanspraak van die Marxistiese, Liberale en
Afrikaner Nasionalistiese rigtings gedurende die apartheidsera enige
aanspraak op historiese objektiwiteit in Suid-Afrika vernietig. Hierdie referaat
betoog dat die oorlog teen apartheid verby is. Historici moet hul
ideologiese wapenuitrusting en behoefte aan wraak opsysit en opnuut kyk
na hul primêre taak. Met beter begrip vir die Suid-Afrikaanse toestand,
asook deur bewus te wees van onlangse tendense in wêreldgeskiedenis,
gal historici hul navorsingsparadigma in so 'n mate kan aanpas dat 'n
'Nuwe Suid-Afrikaanse geskiedenis' -'n geskiedenis vry van vervolging
daargestel kan word.