Whose story is it? The construction and presentation of history.
Abstract
Historie, of dan die storie van menslike gebeure, is 'n universele
menslike aktiwiteit. Wat is die basisbeginsels waarop hierdie narratief
vertel word, die hoek van die vertelling, die perspektief? Wie se storie is
historie? Daar word allerweë aanvaar dat twee van die vaste beginsels
van die dissipline Geskiedenis objektiwiteit en kritiese beoordeling is.
In hierdie artikel wil ek probeer aantoon dat die twee beginsels in 'n groot
mate 'n denkparadigma van kolonialisering veronderstel. Sodanige
aanvaarding van 'n oorsigtelike en universele waarheid is niks anders nie
as 'n selfgeïmponeerde, ondemokratiese vooropstelling. Ek verduidelik
my teoretiese lese van hierdie denkparadigma en metodologie aan die
hand van 'n spesifieke voorbeeld en die proses waarin en -deur dit
manifesteer. Ek kies 'n baie spesifieke gedeelte van die VSA geskiedenis,
vanaf 1865-1890, die "Iaaste" van die sogenaamde
Indiaanoorloë in die VSA en die nederlaag van die laaste
Negeramerikaanse groep wat onafhanklik van Europese dominasie was.