Gold mining in Zululand.
Abstract
Hierdie artikel ondersoek die reeks kleiner “goudstormlope” wat gedurende
die middel 1880’s plaasgevind het tot net na die Eerste Wêreldoorlog in Kwa-
Zulu-Natal – histories bekend as Zululand. Goudprospektering was veral
aangespoor deur die £1 000 beloning aangebied deur die koloniale regering
van Natal aan enige delwer wat ‘n betekenisvolle goudrif in hierdie geweste sou
ontdek. Alhoewel betreklike ryk ertsneerslae van gouddraende riwwe dikwels
ontdek is, en wat gevolglik tot stormlope na vergeleë areas in hierdie gebied
aanleiding gegee het, het almal op die lange duur min opgelewer. Die eenvoudige
verklaring daarvoor was dat die Goudrif net in ertsneste of -holtes
voorgekom het en dus nie aaneenlopend was nie. Die bergagtige aard van die
terrein met sy diep valleie was grotendeels die vernaamste rede die gebroke
goudriflyn. Twee fases van goudmynbedrywighede is geïdentifiseer. Uiteindelik
sou dit blyk dat die meeste van die goudmynmaatskappye in Zululand
‘n beperkte groei gehandhaaf het as kleinerige myne met ‘n gesukkel om ‘n
bestaan te maak. Bedrywighede is beëindig. Die uitsondering was ‘n kleinerige
aanleg in die Pongolovallei wat die Wonderfonteinriwwe bewerk het. Na die
Tweede Wêreldoorlog was daar net sporadiese pogings om bestaande goudriwwe
te myn aangesien daar geen nuwes ontdek was nie. In hierdie artikel
word die begin- en ontwikkelingsfase van die hoofgoudstormlope in Zululand
ondersoek. Die lengte van elk se lewenssiklus sowel as die gesukkel om die
“ertsneste” te vind en ‘n befondsing vir dié bedryf se velerlei uitdagings, word
bespreek.