NWU Institutional Repository

The value and way forward of History – a motivational discourse from a 21st century perspective.

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van Eeden, Elize S

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

School for Basic Sciences, Vaal Triangle Campus, North-West University

Abstract

Om die waarde van Geskiedenis as vak te bespreek, is so oud soos die akademie self. As die waarde van Geskiedenis egter beoordeel sou word teen die agtergrond van ‘n veranderende samelewing (bv. interdissiplinêr gedrewe beroepseise, die gemaklikheid van inligtingonttrekking dmv moderne tegnologie en ‘n groter begrip vir kultuurgroepe in die wêreld oor beskikbare kommunikasiemoontlikhede afstand laat “krimp” het) dan behoort die fokus ten opsigte van Geskiedenis – veral as skoolvak – ook andersoortig gemotiveer te word. In onderrigprosesse in die verlede het politieke en, dikwels, eensydige vaderlandsgeskiedenis voorkeur in Geskiedenisonderrig geniet. Hierdie beeld is totaal strydig met die resente navorsingsfokus van Geskiedenis as dissipline wat veel interdissiplinêr neig. Gevolglik is met hierdie artikel beoog om juis dié neiging te verdiskonteer en ‘n andersoortige motiveringsvoorstel vir ‘n leerprogram aan te bied. As agtergrond vir die voorstel is die volgende fasette ook oorsigtelik aangeraak: i) huidige persepsies van vakdidaktici in Geskiedenis en tersiêre tendense m.b.t. studentegetalle ii) ‘n Geheueverfrisser voor te hou van die waarde en plek van Geskiedenis vanuit ‘n akademiese perspektief iii) Drie “impressionistiese” scenarios van Geskiedenisonderrig voor te hou vanuit ‘n eie belewenis met die vak/dissipline iv) Geskiedenis se interdissiplinêre sterkte vanuit moontlike kurrikulum/leerprograminhoude te debatteer en v) ‘n Motiveringsvoorstel vir ‘n geskiedenisgerigte leerprogram (dus sou gesê kon word: “praktiese” geskiedenis) aan te bied. Die bedoeling hiermee is geensins om Geskiedenis as regmatige vak/dissipline te vervang nie maar om ‘n bykomstige geleentheid binne die opvoedingsproses te skep waarin Geskiedenis se waarde meer in die praktyk gekomplimenteer word.

Description

Keywords

Citation

Van Eeden, E.S. 2006. The value and way forward of History – a motivational discourse from a 21st century perspective. New Contree : A journal of Historical and Human Sciences for Southern Africa. 51:25-52, May. [http://dspace.nwu.ac.za/handle/10394/4969]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By