• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2011 Volume 7 No 2
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2011 Volume 7 No 2
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap.

    Thumbnail
    View/Open
    TD_7(2)_2011_159-166.pdf (139.3Kb)
    Date
    2011
    Author
    Kapp, P
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Marie Koopmans-de Wet, FS Malan en Frans Engelenburg het na 1895 ’n besondere driemanskap ontwikkel wat na Marie Koopmans-de Wet se dood op 2 Augustus 1906 tussen die ander twee bly voortbestaan het tot met Engelenburg se dood op 21 Augustus 1938. As bevestiging hiervan dien die artikel wat FS Malan nog in 1937 in Die Huisgenoot oor Marie Koopmans-de Wet geskryf het.2 Die drie se besondere nalatenskap leef vandag voort in die pragtige Kaapse herehuis in Strandstraat 35 na haar vernoem. Studies is aan aspekte van al drie van hulle se lewens gewy maar die besondere vriendskap en verhouding tussen hulle blyk nou eers uit die Engelenburg-dokumente in die argief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die nuutste studie is prof. FA Mouton se biografie van FS Malan. Malan self het in 1924 in Nederlands ’n huldigingsbiografie oor Marie Koopmans-De Wet geskryf. In werklikheid is die manuskrip gebaseer op die versameling dokumente van Marie Koopmans-De Wet wat Engelenburg oor die jare byeengebring het en was hy die man wat by Malan daarop aangedring het dat hy die werk moet voltooi. Die oorspronklike bedoeling was dat die boek reeds in 1912 moes verskyn het, maar Malan, wat as kabinetsminister uitgebreide openbare verpligtinge gehad het, het eers in 1924 die werk afgehandel. Die boek bied sporadiese blikke op die bestaan van ’n Driemanskap maar die werklike aard van die driemanskap moet uit die ander bronne bestudeer word. Linda Brink het reeds die eerste deel van ’n biografie van Engelenburg vir haar meestersgraad voltooi en tans behandel sy die res van sy lewensverhaal vir ’n doktorale proefskrif.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5265
    Collections
    • TD: 2011 Volume 7 No 2 [17]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV