• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2009 No 58
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2009 No 58
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    The nature of family businesses and their importance for economic development.

    Thumbnail
    View/Open
    No_58(2009)_Venter_E_&_Farrington_S.pdf (342.9Kb)
    Date
    2009
    Author
    Venter, Elmarie
    Farrington, Shelley
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    • Opsomming: Familieondernemings is die algemeenste vorm van sake-ondernemings ter wêreld, insluitend Suid Afrika. Hul invloed en getalle sal in die nabye toekoms aansienlik toeneem. Alhoewel dit alombekend is en aanvaar word dat kleinsake-ondernemings ‘n belangrike bydrae tot ekonomieë lewer, is dit minder bekend dat die meerderheid kleinsake ook familieondernemings is. Gevolglik is daar selfs ‘n neiging in sommige lande om familieondernemings en kleinsake-ondernemings as een generiese begrip saam te flans. Sedert sy ontstaan voer die studieveld van familieondernemings ‘n stryd om sy grense en aard van uitsonderlikheid presies af te baken. Die hoofdoel van hierdie artikel is om dié uitdaging die hoof te bied, deur die verskillende voorgestelde definisies van familieondernemings sedert die vroeë tagtiger jare te ondersoek. Verder sal daar lig gewerp word op die aard van hierdie tipe besighede, hul belangrike bydrae tot nasionale ekonomieë, insluitend die Suid Afrikaanse ekonomie, en die uitdagings waarmee hulle te kampe het. Hierdie artikel illustreer die problematiek om familieondernemings te definieer. Afgesien van die aantal verskillende definisies wat bestaan, behoort hierdie definisies ook tot ‘n aantal verskillende kategorieë. By gebrek aan ‘n algemeen-aanvaarde definisie van familieondernemings is dit belangrik dat elke navorser ‘n duidelike omskrywing bied van sy keuse van ‘n definisie van ‘n familieonderneming. Met die definisies van Flören (2002), Hulshoff (2001) en Stoy Hayward (1989) as grondslag, kan ‘n familieonderneming in breë terme aan die hand van die volgende kriteria gedefinieer word: ten minste 51% van die besigheid se eienaarsbelang is in besit van ‘n enkele familie; ‘n enkel familie is in staat om aansienlike invloed uit te oefen; en minstens twee familielede wat aktief betrokke is as senior bestuurders in die besigheid. Een van die basiese studievelde in familiebesigheidsnavorsing is om die verskille tussen familie- en nie-familielede te identifiseer. Alhoewel onlangse navorsing op hierdie gebied ‘n mate van vooruitgang getoon het, is die verskil tussen familie- en nie-familieondernemings nie duidelik omskryf nie. Ondanks die bydrae van vergelykende sudies wat poog om ‘n beter begrip van hierdie ondernemings te verkry, is daar nog geen stel van beslissende veranderlikes geïdentifiseer wat familieondernemings van die nie-familieondernemings onderskei nie. Beide familie- en nie-familieondernemings is onteenseglik aan die problematiese uitdagings en hoë graad van mislukkings verbind. Afgesien van dieselfde probleme wat kleinsake (SMEs) wat in familie besit is, en daardie wat in nie-familie besit is ervaar, is daar bykomende uitdagings wat besighede wat in familie besit is, die hoof moet bied. Hiérdie uitdagings is te wyte aan hul unieke aard en die familiale, interpersoonlike verwantskappe wat by hierdie soort besigheid bestaan. Dié tersaaklike uitdagings sal ook in die artikel aangespreek word. Familieondernemings, en meer spesifiek dié van klein- en mediumgrootte, vorm die grondslag van die Suid-Afrikaanse ekonomie, en dit is van kardinale belang dat alle pogings aangewend word om die sukses en volhoubaarheid daarvan te bevorder.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5240
    Collections
    • New Contree: 2009 No 58 [9]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV