• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2010 No 59
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2010 No 59
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    "Allowed such a state of freedom": women and gender relations in the Afrikaner community before enfranchisement in 1930.

    Thumbnail
    View/Open
    No_59(2010)_Giliomee_H.pdf (182.5Kb)
    Date
    2010
    Author
    Giliomee, Hermann
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    • Opsomming: Hierdie artikel argumenteer dat Afrikanervroue gedurende die eerste twee eeue van die nedersetting aansienlik meer regte geniet het onder die Romeins-Hollandse reg as wat die geval was met vroue wat onder die Engelse regte sorteer het. Hul posisie is verder onderskraag deur die stelsel van ras-gebaseerde slawerny, toenemende segregasie in die kerk, en die belangrike funksies wat die boervrou op die plaas gespeel het. Afrikaanse vroue kon nie stem nie en ook nie ampte in die politieke stelsel of kerk beklee nie, maar hulle het hul stempel op die samelewing afgedruk. Hulle het ‘n leidende rol gespeel in die besluit van talle grensboere om die kolonie te verlaat. Onder die vroue wat die Groot Trek meegemaak het, het vurige anti-imperialistiese sentimente ontwikkel, wat uiting gevind het in sterk ondersteuning vir die Transvaalse opstand in 1880-81 en die Bittereinder-fase van die Suid-Afrikaanse Oorlog. Van die laaste kwart van die negentiende eeu is die sterk posisie van die Afrikaanse vrou ondergrawe deur verreikende veranderings in die erfreg, verstedeliking, wat haar rol dikwels tot die huis beperk het, en die toenemende invloed van sowel Viktoriaanse as nasionalistiese opvattinge oor die ondergeskikte rol wat die vrou behoort te speel. Afrikaanse vroue het eers laat op die stemreg aangedring omdat hulle dit as hul prioriteit beskou het om die eerste gesin en die gemeenskap se belange te bevorder. In die eerste 250 jaar van blanke vestiging aan die Kaap het hulle `n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling van daardie eienskappe wat vandag as kenmerkend van die Afrikaner-identiteit beskou word: godsdienstigheid, `n bepaalde vorm van huislike lewe en die kultuur van die plaas- en landelike lewe.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5225
    Collections
    • New Contree: 2010 No 59 [6]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV