Appropriating commemoration: the University of Pretoria - 1960, 1980 and 2008.
Abstract
• Opsomming:
Die herdenking van ‘n universiteit se geskiedenis is ‘n belangrike wyse om gewig en egtheid aan die inrigting se posisie te verleen. In die algemeen is die mees erkende inrigtings van hoër onderwys ook die oudstes, en die viering van ‘n universiteit se verlede is een manier om sy status as ‘n gerespekteerde inrigting te verhoog. Hierdie artikel oorweeg die herdenking van universiteitsgeskiedenis deur die Universiteit van Pretoria (UP) as ‘n gevallestudie te bestudeer. In 1960 het UP ‘n gedenkboek gepubliseer om die vyftigjaarherdenking van sy onafhanklikheid as die Transvaalse Universiteitskollege (TUK) in 1910 te vier. Twintig jaar later, in 1980, het die Universiteit weer ‘n jubileum gevier, met die herdenking van die TUK se universiteitswording van 1930. Die Universiteit se eeufees in 2008 het egter 1908 as die geboortejaar van die inrigting gereflekteer. In elk van hierdie gevalle is die verkose mylpaal betekenisvol as ‘n aanduiding van die prioriteite en belange van die Universiteit se heersende bestuur.