• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2010 No 60
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2010 No 60
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    A critical historical review on protagonist and proactive environmental activism towards addressing acid mine drainage and remediation needs in somer Gauteng goldfields.

    Thumbnail
    View/Open
    No_60(2010)_Van_Eeden_ES.pdf (171.1Kb)
    Date
    2010
    Author
    Van Eeden, Elize S
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    • Opsomming: Sedert 2006 is Jan Publiek toenemend meer bewus gemaak van degraderende omgewings en ontoeganklike omgewingsverslae aangaande die degraderende omgewingstatus van die eertydse Verre Wesrand-gebied. As goudmyngebied het die Verre Wesrand vir baie jare internasionale aansien geniet, en is dit steeds ‘n streek wat nasionaal en plaaslik as onontbeerlik geag word vir die goudmynbedrywighede aldaar. Omgewingsverslae het egter die vermoede van omgewingsbesoedeling (asook die gevaar van sommige impakte op mens en omgewing) uitgewys. Vandaar dat omgewingsaktivisme in die verre Wesrand, veral onder leiding van die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FSE), en onder direkte aanvoering van hoofdirekteur Mariette Liefferink, meer aktief betrokke geraak het. Leiding is vanaf veral 2007 geneem om gemeenskappe sowel as die regering bewus te maak van die goudmynbedryf se verwringde omgewingserfporsie aan huidige en toekomstige geslagte. Hierdie bewusmakende benaderingsvorm van leiding neem, het aanvanklik op ‘n protagonistiese wyse geskied. Enersyds is vereis dat die besoedelaar-betaal-beginsel gevolg moet word, wat inhou dat die besoedelaar ook ’n verantwoordelikheid teenoor die individuele gemeenskapslid het wat grond (en moontlik selfs gesondheid) moes inboet tot voordeel van goudmynontwikkeling. Verskeie redes bestaan vir die aanvaarding van ‘n proaktiewe omgewingsaktivistiese benadering tesame met ‘n protagonistiese ondertoon. Beide benaderings vorm deel van die bespreking. Steeds voortgesette omgewingsongeregtighede teen 2010 in die vorm van suur mynwater verspillings, bemoeilik hierdie tweeledige benadering in omgewingsaktivisme ten opsigte van die Verre Wesrand. Aktiewe prosesse tot remediëring vir die rekening van die goudmyne en ‘n ewe verantwoordelike regering blyk die vernaamste doelwit te wees in omgewingsaktivistiese bedrywighede rakende die Verre Wesrand. In hierdie opsig ondersteun die FSE die samewerking van meerdere kundigheid en rolspelers wat deurslaggewend is vir vooruitsigte op enige langtermyn sukses. Teen die agtergrond van omgewingsbesoedeling, en ingesluit ‘n proaktiewe benadering van hoe om dit te hanteer, het “asemteue” van ‘n “positiewe” omgewingsgerigtheid ook in akademiese kringe posgevat waaroor in die toekoms waarskynlik meer geskryf sal word, en waarby baanbrekerswerk ten opsigte van omgewingsaktivisme in die Verre Wesrand ‘n verbintenis in benadering mag vind. Of ‘n nog stewiger proaktiewe wending in omgewingsaktivisme die kalf van suur mynwater uit die spreekwoordelike put gaan trek, behoort die geskiedenis van die Verre Wesrand in jare vorentoe uit te wys.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5211
    Collections
    • Faculty of Humanities [2042]
    • New Contree: 2010 No 60 [10]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV