• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2011 No 61
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • New Contree
    • New Contree: 2011 No 61
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Japie Neser: Cape colonial and Afrikaner rebel, 1899 - 1902 and beyond.

    Thumbnail
    View/Open
    No_61(2011)_Wessels_A.pdf (829.6Kb)
    Date
    2011
    Author
    Wessels, André
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    • Opsomming: Jacob Petrus (“Japie”) Neser (1873 - 1959) is een van die minder bekende Kaapse koloniale rebelle en bevelvoerders van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899 tot 1902 in Suid-Afrika gewoed het. Dit is die doel van hierdie artikel om in besonder die fokus op die doen en late van ‘n gewone rebel, wat later tot ‘n offisiersrang bevorder is, te plaas, ten einde sy optrede aan ‘n breër leserspubliek bekend te stel, en tegelyk ook die aard van die guerrillastryd in die Kaapkolonie tydens die oorlog te belig. Neser het teen die einde van Oktober 1899 by die Boeremagte aangesluit en aan die Colesbergfront geveg. Nadat die Boeremagte aan die Kaapkolonie onttrek het, het Neser na die Transvaal gegaan, waarna hy na die Oranje-Vrystaat teruggekeer het en in September-November 1900 ’n spioenasietog na die noordoostelike Kaapkolonie onderneem het. In Desember 1900 het hy weer eens na die Kaapkolonie teruggekeer, dié keer as deel van genl. JBM Hertzog se invalsmag. Later is hy as veldkornet in die rebellekommando van kmdt. Hendrik Lategan aangestel en met verloop van tyd is hy in bevel van sy eie kommando Kaapse rebelle geplaas. Deur swart en bruin persone wat aan die kant van die Britte geveg het, na gevangeneming summier tereg te stel, het Neser ’n gevreesde maar ook hoogs omstrede bevelvoerder geword. Gevolglik, toe vrede gesluit is, het Neser in selfopgelegde ballingskap na Europa uitgewyk ten einde vervolging te ontduik. Hy het in 1904 na Suid-Afrika teruggekeer en aan die rebellie van 1914 tot 1915 deelgeneem.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5188
    Collections
    • New Contree: 2011 No 61 [12]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV