Die ontwikkeling van die Brakpanse munisipale wapen 1920 - 1966.
Abstract
• Opsomming:
Die dorpswapen wat in 1920 deur die Brakpanse dorpsraad
goedgekeur is, se ontwerp was heraldies onbevredigend. Dit het
egter geen kommentaar ontlok voordat die Heraldiese Genootskap
van Suidelike Afrika in 1959 'n beroep op die Raad gedoen het om
die heraldiese foute in die wapen uit te skakel nie. Dit sou voorkom
dat 'n swak ontwerpte wapen by die beoogde uitstalling van stads- en
dorpswapens tydens die Uniefees (1960) ten loon gestel word. Die
Raad het egter besluit om sy wapen te behou. Met die oprigting van
ʼn nuwe gebou vir die Transvaalse provinsiale administrasie is besluit
om net heraldies juiste wapens daarin uit te stal. Dit het die Raad
genoodsaak om die saak in heroorweging te neem. Na oorlegpleging
met heraldici het die Raad ʼn nuwe wapen laat ontwerp wat in 1966
geregistreer en goedgekeur is. Die nuwe wapen hou met die oue verband
in dié opsig dat dit ook die mynbou as faktor in die ontstaan
van die dorp uitbeeld. • Summary:
The municipal coat of arms approved by the Brakpan Town
Council in 1920 was not of sound heraldic design. This, however,
only became an issue when the Heraldry Society of Southern Africa
called upon the Council to eliminate the heraldic defects in it, so
that a badly designed shield should be excluded from a proposed exhibition
of municipal coats of arms during the Union festival (1960).
The Council nevertheless decided to retain its coat of arms. When a
new building for the Transvaal provincial administration was erected,
it was decided that only municipal coats of arms of sound heraldic
design would be displayed in this building. Thus the Council was
forced to reconsider its decision. After consultation with Heraldists
the Council had new heraldic bearings designed, which were registered
and approved in 1966. The new shield relates to the old coat of
arms in so far as it also depicts mining as a factor in the establishment
of the town.