Torbanite - 'n dorp te koop.
Abstract
• Opsomming:
In 1893 het J.J. Janecke olieskalie (torbaniet) op sy plaas
Mooifontein tussen Ermelo en Breyten ontdek. 'n Volgende eienaar,
ene Stanford, het een ton torbaniet na Skotland gestuur waaruit 190
liter olie gedistilleer is. In 1934 is die South African Torbanite Mining
and Refining Company Ltd. (SATMAR) gestig om olie uit torbaniet
te ontgin en in 1936 het die eerste Satmar-petroleum op die
mark verskyn. Die maatskappy se bedrywighede het in die daaropvolgende jare steeds uitgebrei en dit was 'n groot ekonomiese bate vir
die gebied. Teen 1960 was die ekonomies ontginbare torbaniet uitgeput
en die mynbedrywighede is gestaak. Die dorpie Torbanite wat
by die myn aangelê was, is aanvanklik te koop aangebied, maar toe
niemand belangstelling getoon het nie, is dit gesloop. • Summary:
In 1893 J.J. Janecke discovered cannel coal (torbanite) on
his farm Mooifontein between Ermelo and Breyten. A subsequent
owner named Stanford shipped one ton of torbanite to Scotland
where 190 litres of oil was distilled from it. In 1934 the South African
Torbanite Mining Company Ltd. (SA TMAR) was established to
extract oil from torbanite and in 1936 the first Satmar petroleum
reached the market. In the years that followed the company expanded
rapidly and became of great economic importance to the area,
but by 1960 the economic exploitable torbanite gave out and mining
was stopped. Torbanite, the town established at the mine, was for
sale but as nobody was interested in buying it, it was eventually
demolished.