Van Nazareth tot Middelburg.
Abstract
• Opsomming:
Die distrik Middelburg was aanvanklik deel van die Republiek van
Lydenburg. In 1860, dit wil sê nog voordat daar in 1864 tot die
stigting van die dorp Middelburg oorgegaan is, is hierdie gebied by
die Zuid-Afrikaansche Republiek ingelyf. Van 1866 af het die dorp as
Nazareth bekend gestaan totdat die Volksraad die naam
Middelburg in 1874 in ere herstel het. Gedurende die Tweede
Vryheidsoorlog is die dorp deur Britse magte beset wat ʼn militêre
en ʼn konsentrasiekamp daar opgerig het. Die dorp wat in die begin
stadig ontwikkel het, het mettertyd ʼn belangrike rol op kerklike
en onderwysgebied gespeel. As gevolg van die groot toename van
die inwoners en snelle vooruitgang wat Middelburg die afgelope
twee dekades beleef het, het baie van die dorp se historiese geboue
wat ʼn konkrete skakel met die verlede was, in die slag gebly. • Summary:
Originally the district of Middelburg was part of the Republic of
Lydenburg. In 1860, however, before the town of Middelburg was
established (1864), this district was incorporated into the Transvaal
Republic. From 1866 the town was called Nazareth until the
Volksraad in 1874 restored the name of Middelburg. During the
Second Anglo-Boer War the British forces who had occupied the
town established a military and a concentration camp there.
Although Middelburg at first developed very slowly, it eventually
became an important administrative and educational centre. The
large population growth and the rapid progress that Middelburg
has experienced in the past two decades have been responsible for
the demolition of many of the historical buildings that linked the
town with the past.