• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2011 Volume 7 No 1
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • North-West University Journals
    • TD The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa
    • TD: 2011 Volume 7 No 1
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Musikale ontlening en die voortbestaan van melodiese spore uit die verlede.

    Thumbnail
    View/Open
    TD_7(1)_2011_1-24.pdf (3.423Mb)
    Date
    2011
    Author
    Van Rensburg, Henriëtte
    Spies, Bertha M.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Komponiste kan nie geïsoleer word van die musikale spore van die verlede nie – hierdie spore kan doelbewus deur komponiste betrek word of deur die filter van die onderbewussyn in ’n mindere of meerdere mate in latere werke bly voortbestaan. Dit is moeilik om 'n greep op die verskynsel van musikale ontlening te kry omdat sogenaamde ontlenings nie altyd met voldoende bewysvoering tot die oorsprong teruggevoer kan word nie. In 'n poging om hierdie probleem sistematies te ondersoek, word hier van die standpunt uitgegaan dat daar melodiese gestaltes is wat nie eksklusief aan 'n spesifieke komponis gekoppel kan word nie maar wat deel uitmaak van 'n gemeenskaplike musiekwoordeskat. Een manier waarop helderheid oor hierdie saak verkry kan word, is om 'n historiese benadering te volg deur die spore van melodiese gestaltes in die verlede terug te volg. Hierdie artikel konsentreer op tematiese spore aangesien melodie daardie aspek van ’n komposisie is wat direk tot die luisteraar spreek. Eerstens betrek ’n historiese perspektief die moontlike bestaan van melodiese spore in die onderbewussyn, melodiese spore as konvensionele figure en die probleem wat ontstaan wanneer ontleende materiaal aan ’n spesifieke komponis gekoppel word. Tweedens word gedemonstreer hoe die melodiese figuur wat begin met die stygende vyfdesprong teruggespoor kan word tot die eerste eeue n.C. ’n Soortgelyke strategie wat die sprong van ’n stygende derde as openingsfiguur betrek, kan hierdie melodiese figuur verder terugspoor, naamlik tot by ’n Griekse Delfiese himne van die tweede eeu v.C.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/5019
    Collections
    • TD: 2011 Volume 7 No 1 [10]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV