Show simple item record

dc.contributor.advisorStander, A.L.
dc.contributor.authorGabru, Naeema
dc.date.accessioned2009-02-11T13:25:38Z
dc.date.available2009-02-11T13:25:38Z
dc.date.issued2004
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/497
dc.descriptionThesis (LL.M. (Estate Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2005.
dc.description.abstractIn die geval van die sekwestrasie van 'n insolvente persoon se boedel bepaal artikel 21 van die Wet op lnsolvensie, Wet 24 van 1936, dat die Meester beskik oor die afsonderlike boedel van die solvente gade, en met die aanstelling van 'n trustee dat so 'n trustee daaroor beskik, asof dit die eiendom van die gesekwestreerde boedel was. Die bestaansreg van artikel 21 word bevraagteken deur verskeie outeurs, sowel as deur die Suid-Afrikaanse Regskommissie. Die definisie van "gade" kom veral onder kritiek. Een vraag wat byvoorbeeld pertinent gevra kan word, is of artikel 21 ook van toepassing is op huwelike wat slegs binne die lslamitiese reg aangegaan is. Dit kan problematies wees as gevolg van die feit dat huwelike wat slegs in gevolge die lslamitiese reg aangegaan is, onderhewig is aan die wette van Islam. Hierdie wette is nie noodwendig dieselfde as en in ooreenstemming met die wette wat 'n siviele huwelik bereel nie. Die doel van hierdie navorsing was om die effek te bepaal wat artikel 21 van die Wet het op die de facto reg tot eiendom van die solvente gade. Voorts was die doel om te bepaal watter effek artikel 21 kan hê op paartjies wat getroud is slegs ingevolge die lslamitiese wet van Shari'ah. Om konstruktiewe voorstelle te maak was dit nodig om die grondwetlikheid van artikel 21 te ontleed, sowel as om die voorstelle te oorweeg wat vervat is in die Konsepwet op lnsolvensie, en die presedent wat deur internasionale jurisdiksies gevolg word. Die lslamitiese perspektief rakende skuld en insolvensie is ook ontleed, om duidelikheid te kry oor die effek wat artikel 21 het op Moslems wat slegs ingevolge die lslamitiese reg getroud is. Die gevolgtrekking wat in hierdie studie gemaak word, is dat artikel 21 van die Wet nie die toets slaag van artikel 36 van die Grondwet nie. Dit is derhalwe strydig met die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Artikel 21 maak inbreuk op 'n persoon se de facto reg tot eiendom en op die gelykheidsklousule. Die navorser stem saam met regter Sachs, wat in die Harksen-saak aangevoer het dat artikel 21 'n konsep van huwelik bevorder wat, ongeag die lewensomstandighede van die gades, die samevoeging van hulle boedels tot gevolg het. Gades word dan vasgevang in 'n stereotipiese en uitgediende siening van die huwelik, wat hulle bevoegdheid vir selfaktualisering onderdruk, die gehalte van hulle verhouding met mekaar en ander as vrye en gelyke persone binne die huweliksverbintenis beïnvloed en wat die samelewing aanmoedig om hulle nie te sien nie as 'n "paartjie" bestaande uit Wee persone met onafhanklike persoonlikhede en gedeelde lewens nie, maar as 'n "paartjie" waarin elkeen sy of haar individuele bestaan verloor. Daar is voorgestel dat die volgende lslamitiese wette gebruik behoort te word as 'n alternatief vir artikel 21: •Die vrou se eiendom bly haar eie eiendom; •Die trustee word onder geen omstandighede toegelaat om op die vrou se eiendom beslag te 16 nie; •Die insolvente persoon is alleen aanspreeklik vir sy skuld; •Die moontlikheid van onderhandse samewerking tussen die gades en bedrog moet op 'n ander manier verreken word; •Die beginsels van zakaat moet van toepassing gemaak en streng gevolg word. Daar word aangevoer dat bogenoemde toereikende beskerming sal bied vir die krediteure van die insolvente gade.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleThe effect that section 21 of the Insolvency Act has on persons married in terms of the Islamic lawen
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record