Show simple item record

dc.contributor.advisorViviers, J.
dc.contributor.advisorCornelius, G.S.
dc.contributor.advisorRetief, F.P.
dc.contributor.authorWilliamson, Owen
dc.date.accessioned2023-08-23T09:42:05Z
dc.date.available2023-08-23T09:42:05Z
dc.date.issued2023
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-5622-0884
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/42142
dc.descriptionMSc (Omgewingswetenskap), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie onderliggende prosesse wat verstedeliking in Afrika dryf verskil drasties van die res van die wêreld. Suid-Afrika (SA) is hierin geen uitsondering nie en is dit alombekend dat migrasiepatrone van verstedeliking grootliks gegrond is in koloniale beplanning gedurende die apartheidsera, asook die nadraai daarvan. Navorsers is dit eens dat daar egter ’n volgende dimensie aan die verskynsel van verstedeliking in SA gekoppel behoort te word, naamlik Differensiële Verstedeliking (DV). Die gevolge van hierdie verskynsel is veral prominent in die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit wat in die noordelike gedeeltes van die Vrystaat provinsie geleë is, en toon aanduidings dat sommige kleiner periferiese dorpe, wat naby geleë is aan primaat- en intermediêre stede van die Gauteng en Noordwes provinsies, ongekende groei ervaar. Hierdie navorsingsprojek is derhalwe daarop gerig om (i) ’n ondersoek te loods na die doeltreffendheid van huidige ruimtelike beplanningsdirektiewe om die unieke patrone van DV te ondervang en, (ii) ondersoek in te stel na die aanduiding van dié verstedelikingstendens in die noordelike Vrystaat (spesifiek die FDDM) se munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke (RORe) en die gevolglike implikasies hiervan vir vooruitbeplanning. Ter bereiking van die navorsingsdoelstellings, is gebruik gemaak van ’n Opeenvolgend Verkennende Gemengde-metodes Metodologie (OVGM) wat voorsiening maak vir die insamelings van kwalitatiewe data gevolg deur die insameling van kwantitatiewe data. Op grond hiervan, as eerste fase van die (OVGM), is ’n omvattende literatuurstudie geloods aangaande reële verstedeliking en DV in SA, gevolg deur ’n hersiening van huidige ruimtelike beplanningsdirektiewe se refleksie hiervan. Bevindinge uit die literatuurstudie dui daarop dat SA tydens die onmiddellike nadraai van die apartheidsera die Intermediêre Primaatstad en Gevorderde Primaatstad sub-fases van verstedeliking betree het en is dit toegeskryf aan die toenemende migrasie van die nie-blanke sub-bevolking na intermediêre stede. Daar is ook bevind dat, hoewel toekomstige ruimtelike beplanning beslag moet vind in munisipale RORe, dit nie noodwendig gebaseer word op unieke verstedelikingstendense nie en slaag veral nie daarin om die spesifieke fases en sub-fases van DV te identifiseer nie. Voorts is ’n tematiese analise geïnkorporeer deur oop, aksiale en selektiewe kodering toe te pas, vanwaar die kwalitatiewe data gekategoriseer en georganiseer is in aanwysers ten einde ’n teoretiese matriks oor DV op te stel. Tydens die tweede fase van die OVGM is die teoretiese matriks vervolgens verfyn deur meetbare aanwysers van DV te selekteer en te prosesseer na ʼn assesseringsmatriks, wat gevallestudie-analise toelig. Dié assesseringsmatriks implementeer vervolgens veelvuldige gevallestudies om die teenwoordigheid al dan nie, van die meetbare aanwysers van DV in die gekose munisipale RORe binne die FDDM te bestudeer, asook die implikasies daarvan vir vooruitbeplanning te bepaal. Waar nodig geag, is kwantitatiewe data dan deur statistiese modellering geprojekteer om geselekteerde meetbare aanwysers van DV verder toe te lig. Hieruit waar daar aangedui dat die teenwoordigheid van meetbare DV aanwysers in die gekose munisipale RORe nie as genoegsaam geag word nie, en misluk dit om die werklikhede van DV te ondervang. Die assesseringsmatriks word derhalwe beskou as ’n moontlike raamwerk waarop munisipale RORe gegrond kan word om DV moontlik effektief te ondervang.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectDifferensiële Verstedelikingen_US
dc.subjectMigrasieen_US
dc.subjectSub-bevolkingsen_US
dc.subjectRuimtelike beplanningsdirektieween_US
dc.subjectMunisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerkeen_US
dc.titleDifferensiële verstedeliking in die noordelike Vrystaat : implikasies vir Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerkeen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID12307807 - Retief, Francois Pieter (Supervisor)
dc.contributor.researchID20656378 - Viviers, Jako (Supervisor)
dc.contributor.researchID12851426 - Cornelius, Getruida Selna (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record