• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Natural and Agricultural Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Natural and Agricultural Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Differensiële verstedeliking in die noordelike Vrystaat : implikasies vir Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke

    Thumbnail
    View/Open
    Williamson_O.pdf (2.749Mb)
    Date
    2023
    Author
    Williamson, Owen
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die onderliggende prosesse wat verstedeliking in Afrika dryf verskil drasties van die res van die wêreld. Suid-Afrika (SA) is hierin geen uitsondering nie en is dit alombekend dat migrasiepatrone van verstedeliking grootliks gegrond is in koloniale beplanning gedurende die apartheidsera, asook die nadraai daarvan. Navorsers is dit eens dat daar egter ’n volgende dimensie aan die verskynsel van verstedeliking in SA gekoppel behoort te word, naamlik Differensiële Verstedeliking (DV). Die gevolge van hierdie verskynsel is veral prominent in die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit wat in die noordelike gedeeltes van die Vrystaat provinsie geleë is, en toon aanduidings dat sommige kleiner periferiese dorpe, wat naby geleë is aan primaat- en intermediêre stede van die Gauteng en Noordwes provinsies, ongekende groei ervaar. Hierdie navorsingsprojek is derhalwe daarop gerig om (i) ’n ondersoek te loods na die doeltreffendheid van huidige ruimtelike beplanningsdirektiewe om die unieke patrone van DV te ondervang en, (ii) ondersoek in te stel na die aanduiding van dié verstedelikingstendens in die noordelike Vrystaat (spesifiek die FDDM) se munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke (RORe) en die gevolglike implikasies hiervan vir vooruitbeplanning. Ter bereiking van die navorsingsdoelstellings, is gebruik gemaak van ’n Opeenvolgend Verkennende Gemengde-metodes Metodologie (OVGM) wat voorsiening maak vir die insamelings van kwalitatiewe data gevolg deur die insameling van kwantitatiewe data. Op grond hiervan, as eerste fase van die (OVGM), is ’n omvattende literatuurstudie geloods aangaande reële verstedeliking en DV in SA, gevolg deur ’n hersiening van huidige ruimtelike beplanningsdirektiewe se refleksie hiervan. Bevindinge uit die literatuurstudie dui daarop dat SA tydens die onmiddellike nadraai van die apartheidsera die Intermediêre Primaatstad en Gevorderde Primaatstad sub-fases van verstedeliking betree het en is dit toegeskryf aan die toenemende migrasie van die nie-blanke sub-bevolking na intermediêre stede. Daar is ook bevind dat, hoewel toekomstige ruimtelike beplanning beslag moet vind in munisipale RORe, dit nie noodwendig gebaseer word op unieke verstedelikingstendense nie en slaag veral nie daarin om die spesifieke fases en sub-fases van DV te identifiseer nie. Voorts is ’n tematiese analise geïnkorporeer deur oop, aksiale en selektiewe kodering toe te pas, vanwaar die kwalitatiewe data gekategoriseer en georganiseer is in aanwysers ten einde ’n teoretiese matriks oor DV op te stel. Tydens die tweede fase van die OVGM is die teoretiese matriks vervolgens verfyn deur meetbare aanwysers van DV te selekteer en te prosesseer na ʼn assesseringsmatriks, wat gevallestudie-analise toelig. Dié assesseringsmatriks implementeer vervolgens veelvuldige gevallestudies om die teenwoordigheid al dan nie, van die meetbare aanwysers van DV in die gekose munisipale RORe binne die FDDM te bestudeer, asook die implikasies daarvan vir vooruitbeplanning te bepaal. Waar nodig geag, is kwantitatiewe data dan deur statistiese modellering geprojekteer om geselekteerde meetbare aanwysers van DV verder toe te lig. Hieruit waar daar aangedui dat die teenwoordigheid van meetbare DV aanwysers in die gekose munisipale RORe nie as genoegsaam geag word nie, en misluk dit om die werklikhede van DV te ondervang. Die assesseringsmatriks word derhalwe beskou as ’n moontlike raamwerk waarop munisipale RORe gegrond kan word om DV moontlik effektief te ondervang.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-5622-0884
    http://hdl.handle.net/10394/42142
    Collections
    • Natural and Agricultural Sciences [2757]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV