Show simple item record

dc.contributor.advisorNel, Ines
dc.contributor.authorSteyn, Wynand Petrus
dc.date.accessioned2023-05-22T09:15:53Z
dc.date.available2023-05-22T09:15:53Z
dc.date.issued1999
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/41466
dc.descriptionMBA, North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie finansiele lewensvatbaarheid van plaaslike owerhede in Suid Afrika word onder geweldige druk geplaas as gevolg van die nie betaling vir munisipale dienste. Hierdie tendens van wanbetaling het sy oorsprong gehad toe die sogenaamde vryheids politisie dit as 'n hefboom gebruik het om swart plaaslike owerhede tot 'n val te bring. Na die samesmelting van die blanke en swart plaaslike owerhede het hierdie tendens egter bly voortduur. Die nte betaling vir munisipale dienste het tot gevolg dat plaaslike owerhede nte genoegsame fondse in om kapitale projekte te kan finansier nie. Grootskaalse kapitale projekte word benodig om die agterstand in die infrastruktuur van die eertydse swart dorpe in te haal. In sommige gevalle is die probleem van so 'n aard dat bedryfsuitgawes nie gefinansier kan word nie. Dit lei daartoe dat plaaslike owerhede nie hulle grootmaatverskaffers kan betaal vir dienste gelewer nie. Die infrastruktuur in die swart plaaslike owerhede was van 'n lae standaard weens swak instandhouding in die verlede. Die verbruikers het begin eis dat die dienste eers opgegradeer word voordat betaling vir die dienste sal geskied. Dit het die plaaslike owerhede met 'n dilemma gelaat aangesien geld nodig was vir die opgradering van die infrastrukture maar daar slegs 'n beperkte invloei van kontant was. Die enigste oplossing van die probleem le in die invordering van die uitstaande bedrae deur effektiewe krediet bestuur. Plaaslike owerhede vanwee hulle monopolistiese aard het egter in die verlede nie die basiese krediet bestuur beginsels toegepas nie. Dit het egter nou nodig geword dat elke plaaslike bestuur 'n behoorlik gedokumenteerde krediet bestuur beleid moet saamstel en laat goedkeur deur sy raad. Hierdie kredietbestuur beleid moet al die aspekte van munisipale dienstelewering aanspreek aangesien net die sny van elektrisiteit nie meer genoeg is nie. Dit het nodig geword om al die ander dienste ook by die proses in te sluit. Daar moet ook in die beleid aandag gegee word aan die sosio-ekonomiese probleme binne die gemeenskap. Dit kan gedoen word deur tegemoetkomings vir die ekonomies agtergeblewende lede van die gemeenskap in die beleid in te skryf. Die nodigheid om hierdie krediet bestuur beleid op skrif en goedgekeur deur die raad te kry spruit uit die deursigtigheids beginsel. Die verbruikers moet vooraf kennis dra van die stappe wat gaan volg in die geval van nie-betaling. Net so is dit ook belangrik dat die personeel in die krediet bestuur afdeling duidelike riglyne sal he waarvolgens hulle moet optree. Dit verseker die regverdige en eenvormige optrede teen al die nie-betalers. Hierdie skripsie het dus ten doel om ondersoek in te stel na die vlak van krediet bestuur in plaaslike owerhede. Uit die resultate van die ondersoek word dan beoog om spesifieke voorstelle te maak aangaande die uitleg van 'n behoorlik omvattende krediet bestuur beleid vir plaaslike owerhede.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleLocal government viability : the importance of credit managementen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10186468 - Nel, Ines (Supervisor)


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record