Local government viability : the importance of credit management
Abstract
Die finansiele lewensvatbaarheid van plaaslike owerhede in Suid Afrika word onder
geweldige druk geplaas as gevolg van die nie betaling vir munisipale dienste. Hierdie
tendens van wanbetaling het sy oorsprong gehad toe die sogenaamde vryheids politisie
dit as 'n hefboom gebruik het om swart plaaslike owerhede tot 'n val te bring. Na die
samesmelting van die blanke en swart plaaslike owerhede het hierdie tendens egter bly
voortduur.
Die nte betaling vir munisipale dienste het tot gevolg dat plaaslike owerhede nte
genoegsame fondse in om kapitale projekte te kan finansier nie. Grootskaalse kapitale
projekte word benodig om die agterstand in die infrastruktuur van die eertydse swart
dorpe in te haal. In sommige gevalle is die probleem van so 'n aard dat bedryfsuitgawes
nie gefinansier kan word nie. Dit lei daartoe dat plaaslike owerhede nie hulle grootmaatverskaffers
kan betaal vir dienste gelewer nie.
Die infrastruktuur in die swart plaaslike owerhede was van 'n lae standaard weens swak
instandhouding in die verlede. Die verbruikers het begin eis dat die dienste eers
opgegradeer word voordat betaling vir die dienste sal geskied. Dit het die plaaslike
owerhede met 'n dilemma gelaat aangesien geld nodig was vir die opgradering van die
infrastrukture maar daar slegs 'n beperkte invloei van kontant was.
Die enigste oplossing van die probleem le in die invordering van die uitstaande bedrae
deur effektiewe krediet bestuur. Plaaslike owerhede vanwee hulle monopolistiese aard
het egter in die verlede nie die basiese krediet bestuur beginsels toegepas nie. Dit het
egter nou nodig geword dat elke plaaslike bestuur 'n behoorlik gedokumenteerde krediet
bestuur beleid moet saamstel en laat goedkeur deur sy raad.
Hierdie kredietbestuur beleid moet al die aspekte van munisipale dienstelewering
aanspreek aangesien net die sny van elektrisiteit nie meer genoeg is nie. Dit het nodig
geword om al die ander dienste ook by die proses in te sluit. Daar moet ook in die beleid
aandag gegee word aan die sosio-ekonomiese probleme binne die gemeenskap. Dit kan
gedoen word deur tegemoetkomings vir die ekonomies agtergeblewende lede van die
gemeenskap in die beleid in te skryf.
Die nodigheid om hierdie krediet bestuur beleid op skrif en goedgekeur deur die raad te
kry spruit uit die deursigtigheids beginsel. Die verbruikers moet vooraf kennis dra van
die stappe wat gaan volg in die geval van nie-betaling. Net so is dit ook belangrik dat die
personeel in die krediet bestuur afdeling duidelike riglyne sal he waarvolgens hulle moet
optree. Dit verseker die regverdige en eenvormige optrede teen al die nie-betalers.
Hierdie skripsie het dus ten doel om ondersoek in te stel na die vlak van krediet bestuur
in plaaslike owerhede. Uit die resultate van die ondersoek word dan beoog om spesifieke
voorstelle te maak aangaande die uitleg van 'n behoorlik omvattende krediet bestuur
beleid vir plaaslike owerhede.