NWU Institutional Repository

Die sintuiglike in die poesie van Boerneef

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Boerneef is 'n Sestigerdigter wat die meeste van sy bundels in die jare sestig gepubliseer het. Sy poesie is in sekere opsigte uniek en eksperimenteel: die versvorm vertoon tekens van tipografiese ontginning en die taalgebruik en versakoestiek het 'n kenmerkende patroon wat die werk van Boerneef onderskei van vroeere Afrikaanse digters. Opperman (1974:104) het in 'n lesing "Moderne tendense in ons poesie" sommige van hierdie tendense in die werk van Boerneef beklemtoon en verduidelik. (Heelwat hieromtrent is ender 1.2 bespreek.) Boerneef is in die eerste plek sintuiglik bewus van alles om hom. Hy sien en hoor opvallend goed. Hy is sintuiglik deel van sy wêreld - hy beleef die werklikheid veral deur sy sintuie, Sy gedigte ontspring meestal uit sintuiglike indrukke of herinneringe. Brink (1978:16) skryf soos volg oor hierdie besondere eienskap van Boerneef: " .. in die beste verse ontspring dit uit visuele of akoestiese indrukke of uit die herinnering aan sulke indrukke, en word dan in en deur die aktiewe taalproses, die vertaalproses, getransponeer tot woord-ding wat nêrens meer heenwys nie: die digrealiteit word self groter as die dingrealiteit". Sintuiglik beleef Boerneef veral die mens, die dier, voels, die stad, die plaas - in besonder die Kro. Sy hunkeringsgedigte en herinneringsgedigte word gekenmerk deur die fyn detail van sy waarneming en intense sintuiglike belewing, Dit is of die digter soos hy ouer word indringender kyk, skerper hoor, fyner proe, sensitiewer voel en beter ruik. Ouderdom, dood, lewe en abstrakte begrippe soos vreugde, te- leurstelling, voorspoed en swaarkry, liefde en haat word in die poesie van Boerneef sintuiglik verkonkretiseer. Sy gedigte is gevolglik gebou op die stramien van sintuiglike prikkels. In die meeste van sy gedigte is die sintuiglike beelde die steunpunte van die gedig. Die sintuie (veral die gehoorsintuig en die kyksintuig) speel 'n rol in die finale vormgewing van die gedig. Die akoestiek, die ritme en die tipografiese versorging van die gedig is in sommige gevalle grootliks afhanklik van die sintuiglike betrokkenheid van die digter. Gedigte soos "Hierie bierie bokmakierie" (Mallemole 68) is akoesties en ritmies sintuiglik gekonsipieer. Gertmahonie, 'n objektiewe korrelaat vir die digter, bevestig die belangrikheid van die sintuie vir die digter poeties ashy se: "hulle seek is oud ender dagen sat/ maar ek sien nog diep in die rooi se hart". (Gertmahonie le skuins op sy sarabandmat", Palissandryne 55). Deurgaans het ek probeer aantoon dat die sintuiglikheid in Boerneef se poesie in die grond van die saak 'n formele aangeleentheid is, wat die konkretisme, die detail van sy vers, die klank en ritme, selfs die hele bou van die gedig raak. Die sintuiglike is met die wesentlike van sy poesie gemoeid.

Sustainable Development Goals

Description

MA (Afrikaans-Nederlands), North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By