Show simple item record

dc.contributor.advisorGrobler, J.H.
dc.contributor.authorVenter, Isaac Jacobus Marais
dc.date.accessioned2022-08-30T09:01:58Z
dc.date.available2022-08-30T09:01:58Z
dc.date.issued1975
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/39864
dc.descriptionMA (Grieks), North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie vertrekpunt van hierdie ondersoek was die hipotese dat die bankettema kragtens sy eiesoortige aard die geleentheid hied vir 'n analise van die wyse waarop strukturele en inhoudelike elemente funksioneer in die komposisie van die Ilias, gesien as orale epos. Die ondersoek van die formele opset van die bankettoneel bevestig in hooftrekke die bevindings van Parry en andere in verband met die orale karakter van die Ilias: die lae frekwensie van noodsaaklike enjambement, die hegte tematiese netwerk en die diepgaande formulere struktuur wat in die bankettema geopenbaar word, karakteriseer juis die orale komposisietegniek. En tog bring die gegewens in verband met die bankettema 'n betekenisvolle verskil van die resultate van voorafgaande ondersoekers aan die lig. Struktureel-tematiese studie van die Ilias is naamlik tot op hede hoofsaaklik afgestem op die hooftema, dit wil se die strydtema, en dit het die resultate op 'n besondere wyse beinvloed. Die feit dat die hooftema die grondigste vasgele is in die formele tradisie beteken dat dit min variasie toelaat in die uitbeelding van individuele tonele en laat die indruk dat die formele struktuur absoluut allesoorheersend is.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleDie bankettema in die Ilias van Homeros : 'n metodologiese studie rakende die vorm en funksie van die bankettoneel as struktuurelement in die orale eposen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record