• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die bankettema in die Ilias van Homeros : 'n metodologiese studie rakende die vorm en funksie van die bankettoneel as struktuurelement in die orale epos

    Thumbnail
    View/Open
    Venter_Isaac Jacobus Marais.pdf (3.552Mb)
    Date
    1975
    Author
    Venter, Isaac Jacobus Marais
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die vertrekpunt van hierdie ondersoek was die hipotese dat die bankettema kragtens sy eiesoortige aard die geleentheid hied vir 'n analise van die wyse waarop strukturele en inhoudelike elemente funksioneer in die komposisie van die Ilias, gesien as orale epos. Die ondersoek van die formele opset van die bankettoneel bevestig in hooftrekke die bevindings van Parry en andere in verband met die orale karakter van die Ilias: die lae frekwensie van noodsaaklike enjambement, die hegte tematiese netwerk en die diepgaande formulere struktuur wat in die bankettema geopenbaar word, karakteriseer juis die orale komposisietegniek. En tog bring die gegewens in verband met die bankettema 'n betekenisvolle verskil van die resultate van voorafgaande ondersoekers aan die lig. Struktureel-tematiese studie van die Ilias is naamlik tot op hede hoofsaaklik afgestem op die hooftema, dit wil se die strydtema, en dit het die resultate op 'n besondere wyse beinvloed. Die feit dat die hooftema die grondigste vasgele is in die formele tradisie beteken dat dit min variasie toelaat in die uitbeelding van individuele tonele en laat die indruk dat die formele struktuur absoluut allesoorheersend is.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/39864
    Collections
    • Humanities [2697]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV