Taksonomiese aspekte van die genus Bellamyua Jousseaume 1886 in Oostelike Suid-Afrika
Abstract
1. Die doel van hierdie ondersoek is om 'n basis
te stel vir verdere werk wat mag lei tot 'n behoorlike hersining van die verteenwoordigers van die
genus Bellamya in suidelike Afrika.
2. Die ondersoek is gebaseer op vier bevolkingsmonsters vanuit KwaZulu, een vanuit Rhodesie, en
drie manlike eksemplare vanuit Okavango.
3. 'n Groot aantal Bellamya-spesies kom wyd verspreid in Afrika voor en eksploiteer ' n verskei=
denheid van habitattipes. Dit blyk asof verteenwoordigers van hierdie genus aansienlik verder
suidooswaarts verspreid is as wat aanvanklik vermoed is.
4 . Aandag is hoofsaaklik geskenk aan geselekteerde aspekte van die skulp , radula en embrio's aangesien dit wou voorkom of hierdie kenmerke van belang mag wees by die uitkenning van spesies. Ten
spyte van die omstandigheid dat die uitwendige
morfologie, anatomie van die spysvertering- en
geslagstelsel blykbaar geen taksonomiese waarde
het nie, is dit egter ook ondersoek en beskryf.
5. 'n Klein persentasie van die skulpe vanuit die
Pongolapanne is langer as 30 mm, terwyl die Sibaya-eksemplare
nie 28 mm skulplengte oorskry nie.
6. Alhoewel die intrabevolkingsvariasie met betrekking tot getal windinge groat is, is daar geen
betekenisvolle verskil tussen die monsters vanuit
die verskillende vindplekke wat hierdie eienskap
betref nie.
7. Die interbevolkingsvariasie met betrekking tot
die slankheid van die skulp (L/W) en die vorm van
die mondopening (ML/MW) is klein en monsters kan
nie op grond van hierdie eienskappe geskei word
nie. Verder neem die slankheid van die skulp
(L/W) in alle gevalle toe met verhoogde skulplengte (L), terwyl die vorm van die mondopening (ML/MW)
geensins neig om slanker te word met toename in
skulplengte nie.
8. Die kleur van die skulp stem ooreen met die
kleur van die substraat. Die eksemplare vanuit
die Sibayameer het 'n geelbruin kleur terwyl skulpe
vanuit die oorblywende lokaliteite olyfgroen is.
9. By skulpe vanuit Sibayameer is skouers soms
goed ontwikkel, maar die profiel van die winding
direk laer af is plat in vergelyking met eksemplare
vanuit die Pongolapanne en Gwebirivier waar hierdie
kenmerk meestal as gerond beskryf kan word.
10. Die grootste persentasie skulpe vanuit Sibaya-meer het vier groeiringe op die liggaamswinding,
terwyl skulpe vanuit die oorblywende lokaliteite
oorwegend geen of slegs een groeiring het.
11. Alhoewel die kolumella met die kiel aan sy
basis, half oop umbilikus en redelik sterk gevormde kallus oorwegend die beste verteenwoordig is in
al die bevolkingsmonsters, is die kallus by Sibaya skulpe
die sterkste en by Gwebi-skulpe die swakste
ontwikkel.
12. Lengteverlopende skulpturering asook gegolfde
spiraalskulpturering is by Sibaya-eksemplare minder
opvallend as by skulpe vanuit enige ander lokaliteit.
13. Met betrekking tot die operkulum kon geen verskille tussen die monsters waargeneem word nie.
14. Die interbevolkingsvariasie met betrekking
tot wentelasposisie (D), translasiekoers (T) en
uitsettingkoers (W) is klein. By Sibaya-eksemplare egter beweeg die konusse die verste weg van
die Y-as af (D) en is hulle windinge die minste
omvattend (T).
15. Die kleur van die sagte materiaal is violet
in die geval van die slakke vanuit Sibayameer en
skakerings van grys in die geval van die monsters
vanuit die Pongolapanne en Gwebirivier. Geen
verdere uitwendige verskille kon egter waargeneem
word nie.
16. Geen anatomiese verskille met betrekking tot
die morfologie van die spysverteringstelsel, kon
tussen die verskillende monsters waargeneem word
nie.
17. Die gemiddelde waardes van die kroonwydte
(KW), mesokonuswydte (MW) en mesokonuslengte (ML)
van mediaantande is in die geval van Sibaya-eksemplare hoer as by enige van die ander vindplekke.
Verder bestaan die nei ging by alle tandaspekte om
toe te neem met toename in skulplengte.
18. Alhoewel afgeplatte, intermediere en ronde
mesokonusse gewoonlik saam op dieselfde radula gevind word, oorheers die afgeplatte tipe by die
Sibaya-slakke en die intermediere tipe by die oorblywende vier monsters.
19. Die getal konusse aan weerskante van die mesakonus varieer van vier tot agt by al die bevolkings-
monsters, dentikels is dikwels aanwesig, die vorm
van die eerste en tweede lateraaltande stem in 'n
groat mate ooreen met die van mediaantande en marginaaltande het in alle gevalle 'n tipiese kamagtige voorkoms.
20. Geen mannetjies kon by die ondersoekte monsters gevind word nie en hierdie verskynsel regverdig verdere ondersoek.
21. Geen verskille met betrekking tot die morfologie van die vroulike geslagstelsel kon tussen