Show simple item record

dc.contributor.advisorRens, J.A.en_US
dc.contributor.authorLouw, J.G.en_US
dc.date.accessioned2022-02-09T05:14:53Z
dc.date.available2022-02-09T05:14:53Z
dc.date.issued2021en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0003-2314-4464en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/38329
dc.descriptionPhD (Leerderondersteuning), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie behoefte aan die ontwikkeling en implementering van die Lewensvaardigheid Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir verstandelik erg gestremde leerders (Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders) het ontstaan na ’n hofuitspraak in die hofsaak Cape Forum for Intellectually Disabled versus Government of the Republic of South Africa (2011). In hierdie hofuitspraak is verklaar dat die Suid-Afrikaanse regering nie daarin geslaag het om redelike maatreëls te voorsien vir die onderwysbehoeftes van VEG leerders en leerders met diepgaande intellektuele gestremdheid (“profound intellectual disability”) in die Wes-Kaap nie. Die Departement van Basiese Onderwys het in reaksie daarop twee kurrikulums ontwikkel: ’n vaardigheids- en beroepskurrikulum vir leerders met matige intellektuele gestremdheid en die ander ’n kurrikulum vir skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes op ’n vlak wat toeganklik is vir VEG leerders. Hierdie navorsing fokus op die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders. Die navorsing is gedoen by skole wat deel uitgemaak het van die aanvanklike loodsprojek van die Departement van Basiese Onderwys. ’n Verduidelikende opeenvolgende gemengde navorsingstudie is vanuit ’n oorkoepelende pragmatiese wêreldbeskouing onderneem. Die post-positivistiese wêreldbeskouing was in die kwantitatiewe fase van toepassing, en die sosiaal-konstruktiewe wêreldbeskouing in die kwalitatiewe fase. Die kwantitatiewe fase van die studie het bestaan uit ’n selfontwikkelde vraelys wat aan 21 van die genoemde loodsskole in al nege provinsies van Suid-Afrika gestuur is. Die navorsing het skole uit ’n verskeidenheid ekonomiese kontekste betrek, van skole met baie hulpbronne tot skole met ’n tekort aan hulpbronne. In die kwalitatiewe deel van die navorsing is vier skole in verskillende provinsies gekies wat deel was van die kwantitatiewe fase. ’n Kunsgebaseerde benadering is gevolg wat die maak van collages ingesluit het. Die resultate van die kwantitatiewe fase is gebruik om oor die onderwerpe vir die collages te besluit. Onderwerpe het aspekte soos hulpbronne, werkslading, opleiding, tydsbestuur, assessering, tersaaklikheid vir die wêreld van werk, die moeilikheidsgraad van die kurrikulum en die mening van die deelnemers oor die KABV vir VEG leerders en die drie verskillende Lewensvaardigheidkurrikulums ingesluit. Drie tot vier fokusgroepbesprekings is gehou by elk van die gekose skole waar die deelnemers die betekenis van hul collages bespreek het. Met die ontleding van die data is die bevindings van die kwalitatiewe fase in drie kategorieë verdeel: eerstens die mening van die deelnemers oor die KABV vir VEG leerders en die verskillende afdelings van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders, tweedens die aspekte wat ’n invloed het op die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders en laastens die invloed van die implementering van die KABV vir VEG leerders op die onderwysers. Die probleme en uitdagings wat uit hierdie fokusgroepbesprekings na vore gekom het, is vervolgens bespreek met die bestuurspanne van die vier skole. Die bestuurspanne het kommentaar gelewer op die probleme en uitdagings en oplossings voorgestel vir die probleme wat die deelnemers aangedui het. Daar is gekonsentreer op drie kurrikulums: Aanvangskennis en Persoonlike en Sosiale Welstand, Kreatiewe Kuns; en Liggaamsopvoeding. Alhoewel die implementering van die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders oor die algemeen suksesvol was, daar steeds probleme wat hanteer moet word. Die meeste van die deelnemers en skoolbestuurspanne is dit eens dat dit goed is om ’n gestruktureerde kurrikulum te hê wat vir onderwysers riglyne gee en van lesplanne voorsien sodat hulle weet wat van hulle verwag word. Kwessies soos werkslading, assessering, tydsbestuur, hulpbronne en opleiding is egter in sommige skole nog problematies. Met al die inligting wat in die kwantitatiewe en kwalitatiewe fase asook in die besprekings met die skoolbestuurspanne ingesamel is, is ’n handleiding vir beginneronderwysers saamgestel vir opleiding in die Lewensvaardigheid KABV vir VEG leerders wat as die besonderse bydrae van die studie beskou kan word.
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectKurrikulum vir spesiale skole
dc.subjectleerders met spesiale onderwysbehoeftes
dc.subjectLewensvaardigheidkurrikulum
dc.subjectKABV vir VEG leerders
dc.subjectspesiale skole
dc.subjectVEG leerders
dc.titleDie implementering van die Lewensvaardigheid Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir verstandelik erg gestremde leerders in skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftesen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.contributor.researchID10201009 - Rens, Julia Alet (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record