• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die ontwikkeling van ʼn storievertellingraamwerk vir voorskoolse praktisyns

    Thumbnail
    View/Open
    Theron_JE.pdf (9.690Mb)
    Date
    2021
    Author
    Theron, J.E.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die vroeë kinderjare (vanaf geboorte tot vyf jaar) word gekenmerk deur ʼn tydperk van groei, ontwikkeling en die verwerwing van nuwe kennis, vaardighede en konsepte wat die grondslag vir lewenslange leer lê (DBO, 2001:8). Storietyd by dagsorgsentrums is besonder geskik vir die ontwikkeling en uitbreiding van kleuters se woordeskat en mondelinge kommunikasievaardighede. Ek het egter opgemerk dat storietyd dikwels afgeskeep en soms glad nie aangebied word nie omdat voorskoolse praktisyns dikwels nie oor die nodige ervaring, hulpmiddels en kennis beskik om van stories gebruik te maak om taalontwikkeling by kleuters te bevorder nie. Die onderhawige studie het dus ten doel gehad om (1) ondersoek in te stel na hoe storievertelling in ʼn voorskoolse leeromgewing gebruik word en (2) ʼn storievertellingsraamwerk vir voorskoolse praktisyns te ontwikkel en voor te stel. Doelgerigte steekproefneming is uitgevoer. ʼn Preprimêre skool in die Dr Kenneth Kaunda-distrik, Noordwesprovinsie, is vir die navorsing geselekteer. Vier voorskoolse praktisyns – twee werksaam by ʼn dagsorgsentrum wat voorheen benadeelde gemeenskappe geakkommodeer het, en twee werksaam by ʼn dagsorgsentrum wat voorheen bevoordeelde gemeenskappe geakkommodeer het – het aan die studie deelgeneem. ʼn Kwalitatiewe navorsingsbenadering – spesifiek sikliese interaktiewe aksienavorsing as strategie – is in die onderhawige studie gevolg. Data is deur middel van fokusgroeponderhoude, waarneming en dokumentanalise ingesamel. Die ingewinde data is getranskribeer en deur middel van inhoudsanalise geanaliseer. Ses hooftemas het uit die data gespruit: storiekeuse; lesaanbieding; hulpmiddels; storievertellingstegnieke; taalkomponente; en integrering van VLOA's. Uit die bevindinge het dit voorgekom asof storietyd nie by hierdie dagsorgsentrums ʼn prioriteit was nie en soms maklik met ander aktiwiteite vervang is. Storiekeuses is voorts lukraak gemaak sonder dat die voorskoolse praktisyns werklik oorweeg het of die stories/onderwerpe geskik was vir die drie- en vierjarige kleuters in hulle klasse. Die praktisyns het ook slegs stemtoon/intonasie gebruik en die tempo verander waarteen hulle die storie vertel of voorgelees het. Hulle het ook genoem dat hulle van gesigsuitdrukkings en gebare gebruik gemaak het. Laasgenoemde tegnieke is egter nie na behore gebruik nie aangesien van die deelnemers dikwels nie hulle stories goed geken het nie en die kans laat glip het om deur middel van hierdie tegnieke die atmosfeer van die storie te skep. Die bevindinge het verder getoon dat die verskillende taalkomponente om kleuters se taalgebruik te ontwikkel nie doelbewus beplan en aangeroer is nie en terloops plaasgevind het terwyl die stories vertel of voorgelees is. Tydens die eerste storievertelling-waarnemingsgeleentheid was dit opmerklik dat daar nie doelbewus beplan is om die kleuters by die storievertellings te betrek nie. Vrae is wel tydens die storievertellings gevra, maar die kleuters is nie aangemoedig om aan die storievertelling deel te neem en nuwe woordeskat te gebruik nie. Die deelnemers het egter ná besigtiging van vier video-storievertellings – video-opnames wat deur vrywillige storievertellers gemaak is – baie van wat hulle in hierdie video's waargeneem het, in ʼn tweede ronde storievertellings toegepas. ʼn Storievertellingsraamwerk wat na dese deur voorskoolse praktisyns gebruik kan word, is ontwikkel en voorgestel. Hierdie storievertellingsraamwerk is ʼn hulpmiddel wat inligting voorsien oor aspekte wat tydens die beplanning en voorbereiding van ʼn storie van belang is. Laastens is die beperkinge van hierdie studie bespreek en aanbevelings is aan die hand gedoen vir moontlike toekomstige navorsing oor storievertelling in die voorskoolse konteks.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-5157-1714
    http://hdl.handle.net/10394/38275
    Collections
    • Education [1695]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV