• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Humanities
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Aan die waterkant : heterochronotopie en verganklikheid in Guy du Toit se strandtonele

    Thumbnail
    View/Open
    De Klerk_CS.pdf (4.667Mb)
    Date
    2021
    Author
    De Klerk, Catharina Susanna
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die doel van hierdie verhandeling is om ondersoek in te stel na suggesties van heterochronotopie en verganklikheid in die kontemporêre Suid-Afrikaanse beeldhouer Guy du Toit (geb. 1958) se Beach Scene of strandtoneelreeks (2015) soos opgeroep word deur die geïmpliseerde strandruimtes in sy werk. Die strand as ʼn grensgebied is noodsaaklik vir lewe, maar potensieel vernietigend soos deur verdrinking, en roep komplekse assosiasies rondom water en spesifiek die see op, insluitend die oorgang van lewe na dood. Alhoewel die uitbeelding van water in die visuele kunste reeds bespreek is, benodig die uitbeelding van die waterkant en spesifiek die strand in kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns verdere ondersoek. Die fokus van die ondersoek word gerig deur ʼn beskouing van die strand as liminale of “tussen-in” tyd en ruimte van oorgang en onderhandeling, op die grens of “drumpel” tussen die land en water, met transformerende moontlikhede. ʼn Teoretiese begronding en kunshistoriese kontekstualisering word gevolg deur ʼn interpretasie van geselekteerde kunswerke deur Du Toit. Alhoewel ʼn narratologiese benadering nie as primêre invalshoek geneem word nie, word aansluiting gevind by Mieke Bal se postklassieke visuele narratologie in die bespreking van die verband tussen tyd en narratiwiteit. In die studie argumenteer ek dat Du Toit se strandtoneelreeks geïnterpreteer kan word aan die hand van narratiewe suggesties van verganklikheid en hernuwing, met Beach Scene I en Beach Scene II bespreek as kontemporêre vanitas-stillewes. Hierdie uitbeelding van die strand bring assosiasies met water en sand as transformerende elemente en gevolglik gelaagde tydsaspekte na vore. Sodoende kan geargumenteer word dat die werke ʼn heterochronotopiese aard het. Die studie dra by tot die bespreking van temporaliteit en die liminale, transformerende strand in kontemporêre Suid-Afrikaanse visuele kuns, met spesifieke verwysing na beelde deur Du Toit.
    URI
    https://orcid.org/0000-0003-3696-1615
    http://hdl.handle.net/10394/37812
    Collections
    • Humanities [2460]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV