The constitutionality of forfeiture of property
Abstract
Die hoeksteen van 'n oop en demokratiese samelewing is verskans in die Handves van Menseregte, gebaseer op menswaardigheid, gelyke beskerming en vryheid. 'n Verpligting word op die staat geplaas om dienooreenkomstig hierdie regte te respekteer, beskerm en te bevorder. Die eiendomsklousule word beskou as een van die belangrikste fundamentele regte wat beskerming geniet. Artikel 25(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996 (hierna verwys as die Grondwef) bepaal dat niemand mag, behalwe ingevolge 'n algemene regsvoorskrif, van eiendom ontneem word nie. Vervolgens bepaal dit ook dat geen regsvoorskrif arbitrere ontneming van eiendom mag veroorloof nie. 'n Eienaar se reg op eiendom is egter nie absoluut nie en kan beperk word deur daargestelde wetgewing wat inmenging vanaf staatsowerhede noodsaak en regverdig. Daar rus dus 'n verpligting op wetsgehoorsame eienaars en besitters van eiendom in 'n konstitusionele staat om hulle eiendom op 'n verantwoordelike wyse te bestuur en te beheer, en word dienooreenkomstig ontmoedig om dit nie vir kriminele doeleindes aan te wend nie. Die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 121 van 1998 vorm die basis van 'n program van die Suid Afrikaanse regering om die kommerwekkende toename in georganiseerde misdaad, geldwassery en die aktiwiteite van kriminele sindikate aan te spreek. Gemeenregtelike en ander strafregtelike maatstawwe blyk 'n onvoldoende afskrikmiddel te wees om hierdie probleem susksesvol te bekamp. Die hoe-profiel misdaadsindikate en oortreders slaag dikwels daarin om die onwettige opbrengste van misdaad te verskuil, selfs al word hulle voor die gereg gedaag en skuldig bevind. Hierdie besonder ernstige verskynsel word as 'n bedreiging beskou vir ons land se demokrasie en ekonomie. Die Wet maak voorsiening vir besondere hoe boetes, asook beslagleggings- en verbeurdverklaringsbevele van enige eiendom wat "'n middel tot 'n misdaad" daarstel, insluitende enige voordele en bates wat bekom is deur onwettige aktiwiteite. Hierdie studie noodsaak 'n kritiese analise en ondersoek na die grondwetlikheid van hierdie bevele wat moontlik aanleiding kan gee tot die aantasting van sekere gevestigde konstitusionele regte en veral die reg om nie arbitrer van eiendom ontneem te word nie. As gevolg van die sivielregterlike aard van hierdie bevele kan ook geargumenteer word dat die betrokke oortreder se grondwetlike reg op 'n regverdige en billike verhoor geskend kan word. Van besondere belang is Hoofstuk 6 wat bepaal dat 'n skuldigbevinding nie 'n voorvereiste is vir die bekragtiging van so 'n bevel nie. Die vraag ontstaan dan ook of die interpretasie en toepassing van die Wet deur die howe in gevalle waar individue betrokke was by misdaad wat nie direk verband hou met georganiseerde misdaad nie, nie ook neerkom op 'n skending van die eiendomsklousule nie. In hierdie gevalle was daar dan ook wel gepaste alternatiewe strafregterlike maatreels beskikbaar wat as voldoende afskrikmiddel kon dien. Klem word ook gel§ op die impak van sulke bevele op onskuldige eienaars, derdes en kinders, en die beskerming wat die Wet bied. Alhoewel deurgaans beklemtoon word dat die strawwe soos vervat in die Wet nie gemik is op die eienaar nie maar op die (skuldige) eiendom wat gebruik is in misdaad, bestaan die moontlikheid dat hierdie bevele neerkom op buitensporige en selfs dubbele strafmaatreels wat uiteraard grondwetlik aanvegbaar kan wees.
Collections
- Law [795]