NWU Institutional Repository

Seksuele frustrasie in die huwelik : 'n pastorale studie

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Ferreira, Antonio William Johannes

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Abstract

Hierdie studie handel oor seksuele frustrasie binne die konteks van die huwelik, en dit gesien vanuit 'n prakties-teologiese vertrekpunt. Vanaf die Bybelse tyd word die seksuele daad verkeerd verstaan. Die sekulere mens beskuldig godsdiens as die oorsaak van seksuele frustrasie wat die mens in vandag se lewe beleef. Eeue-lange misverstande oor God se siening oor die seksuele, het veroorsaak dat seks as sonde en as iets vuil beskou word. As gevolg hiervan het die sekulere mens genoeg gehad daarvan om voorgeskryf te word dat die seksuele net vir die huwelik is. Al die grondbeginsels wat God neergele het vir die gebruik van die seksuele, word saam met die Bybel by die agterdeur uitgevee. Daarteenoor is die seksuele een van die wonderlikste dinge wat God geskep het. God het seks so wonderlik gemaak, dat Hy selfs een hele boek in die Bybel daaraan afgestaan het. Binne die raamwerk van die huwelik, behels die huweliksdaad een van die mees ongelooflikste ervarings en genot wat die mens kan smaak, wat nie vuil is nie en nog minder sonde is. God het dan immers in die begin gese dat alles wat Hy gemaak het "baie goed" is. Hierby ingesluit is die seksuele. Die doel van hierdie studie was om deur middel van Zerfass se model die basis-en metateoretiese perspektiewe vir seksuele frustrasie te ondersoek en 'n praktykteorie vir teologiese berading te ontwikkel. Die navorsing het aangedui dat seksuele frustrasie selfs in die Bybelse tyd nie iets ongewoons was nie, en binne die konteks van God se raamwerk behoort daar nie seksuele frustrasie in die huwelik te wees nie. Die gevolgtrekking van hierdie navorsing is dat mense wat gebuk gaan onder seksuele frustrasie in die huwelik, gehelp kan word om van hierdie frustrasie ontslae te raak en dan 'n voile lewe in Christus, sowel as in hulle huwelik, te kan leef.

Description

Thesis (M.A. (Pastoral))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2009.

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By