Show simple item record

dc.contributor.authorVermeulen, Ockie
dc.date.accessioned2020-11-26T07:26:39Z
dc.date.available2020-11-26T07:26:39Z
dc.date.issued2019
dc.identifier.issn1999-3412
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36445
dc.description.abstractTydens my aanvanklike navorsing oor die afwesigheid van inklusiewe taal in nuwe Afrikaanse kerkliedere,1 skryf Faani Engelbrecht (betrokke by Flam2) aan my dat hy nie die nut daarvan insien nie, aangesien God kies om Homself in die Bybel as manlik te openbaar, hoewel Hy soms vroulike kwaliteite gebruik om sy karakter verder uit te beeld. “Ek kies om te bly by die geloofstaal wat die Woord my gee,” skryf Engelbrecht, (2014, my kursivering). Ook Jacques Louw (betrokke by Vonkk) vra waarom dit nodig sou wees om inklusiewe taal te gebruik (Louw, 2014). Beide se reaksie gee aanleiding tot my eerste artikel oor die nut en meriete van inklusiewe taal in die Afrikaanse kerklied.3 In 2017 verskaf Thinus van Staden (ook betrokke by Vonkk) die teks vir ’n melodie wat ek gekomponeer het. Ek stel egter enkele inklusiewe aanpassings van die teks voor, maar Vonkk beskou dit as teologies “geforseerd” (Louw, 2017). Dit gee aanleiding tot my tweede artikel oor inklusiewe taalgebruik in die Afrikaanse kerklied.4 Hierdie artikel het egter nie sy ontstaan te danke aan ’n noodsaaklikheid om die nut en teologiese meriete van inklusiewe taalgebruik (weer) te verduidelik nie (alhoewel dit ter wille van volledigheid kortliks vir die leser saam met nuwer navorsing opgesom sal word), maar om enkele praktiese toepassings daarvan te bespreek. Waar die vorige twee artikels in ’n teologiese tydskrif gepubliseer is, vind ek dit nodig om hierdie een in Vir die Musiekleier te publiseer met die hoop dat dit by die musiekleiers en leraars van die land se gemeentes sal uitkom. Groter sensitiwiteit en begrip vir die saak is nodig, aangesien die Afrikaanse kerklied opmerklik arm is in terme van inklusiewe taalgebruik en as ’t ware by die geloofsfamilie wêreldwyd afsteek. Die meer inklusiewe aanpassing van Psalm 103 (kyk punt 3 hieronder) is reeds in 1974 gekonseptualiseer: vyf en veertig jaar later is daar steeds nie so ’n inklusiewe voorbeeld in Afrikaans te vinde nie. Ek sal kortliks die konsep van inklusiewe en uitbreidende taal verduidelik en die nut en verantwoordbaarheid daarvan herroep. Daarna wil ek die praktiese toepassing van inklusiewe en uitbreidende taal in vyf kerkliedere demonstreer. My hoop is dat dit die weg sal baan vir die skep van Afrikaanse kerkliedere met soortgelyke taalgebruik. Omdat ek by ’n kritiese navorsingslens aanklank vind, is hierdie artikel, soos die voriges, in wese kritiese kwalitatiewe navorsing wat ten doel het “to not just understand what is going on, but also to critique the way things are in the hopes of bringing about a more just society” (Merriam, 2009:35).en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherDie Suider-Afrikaanse Kerkorrelisteverenigingen_US
dc.titleSING ’N NUWE LIED IN ’N NUWE TAAL – VOORBEELDE VAN INKLUSIEWE TAALGEBRUIK IN DIE AFRIKAANSE KERKLIEDen_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record