Show simple item record

dc.contributor.advisorGolightly, A.en_US
dc.contributor.advisorPetersen, N.T.en_US
dc.contributor.authorGreyling, I.Y.en_US
dc.date.accessioned2020-08-25T14:24:01Z
dc.date.available2020-08-25T14:24:01Z
dc.date.issued2020en_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-5358-2769en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/35643
dc.descriptionMed (Educationis), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractDie fokus van hierdie studie was om die invloed van hibridies probleemgebaseerde leer as onderrig-leer-strategie op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns te bepaal. In die studie is 'n voor- en natoetskontrolegroep-ontwerp (Leedy & Ormrod, 2015:29) gebruik. Die eksperimentele groep het bestaan uit Graad 10 Lewenswetenskappe-leerders (n = 164) by drie hoërskole en die kontrolegroep uit Graad 10 Lewenswetenskappe-leerders uit een skool (n = 55) in die Gauteng-Wes-distrik, wie se leerstyle en selfgerigte leervermoëns voor en ná die hibridies probleemgebaseerde leerintervensie van vyf (5) weke gemeet is. Die kontrolegroep het bestaan uit Graad 10 LW-leerders (n = 55) by een skool in die Gauteng-Wes-distrik, wie se leerstyle en selfgerigte leervermoëns gemeet is. Die invloed van hibridies probleemgebaseerde leer op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns is met behulp van die Sselfgerigte leerinstrument van Cheng et al. (2010:1153) en Kolb se Leerstyl-inventaris (Kolb, 1984:68-69) bepaal. Daar is van die Lewenswetenskappe-leerders verwag om 'n voor- en natoets oor hul leerstyle en selfgerigte leervermoëns af te lê. Die navorser het die groep Lewenswetenskappe-leerders by die eksperimentele groepe wat aan die studie deelneem, se onderwysers (n = 3) vooraf opgelei in die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe-praktiese werk. Die betrokke Lewenswetenskappe-onderwyser by elk van die skole het tydens die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe praktiese werk as fasiliteerder opgetree. Die Lewenswetenskappe-onderwyser (n = 1) by die kontrolegroepe het normaal met klasse voortgegaan. Die resultate voortspruitend uit die ondersoek toon duidelike bewyse dat LW-leerders se algemene persepsies oor die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer positief was. Daar kan dus aanbeveel word dat dit as onderrig-leer-strategie in Lewenswetenskappe praktiese werk ook in ander skole geïmplementeer kan word. Die resultate oor Lewenswetenskappe-leerders se selfgerigte leervermoëns toon dat hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe praktiese werk nie 'n beduidende invloed op LW-leerders se selfgerigte leervermoëns gehad het nie. In hierdie studie is daar ook geen invloed met die implementering van hibridies probleemgebaseerde leerintervenie op die verwantskap tussen Lewenswetenskappe-leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns gevind nie.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectHibridies probleemgebaseerde leeren_US
dc.subjectLeerstyl-inventarisen_US
dc.subjectLewenswetenskappeen_US
dc.subjectSelfgerigte leeren_US
dc.subjectSelfgerigte leerinstrumenten_US
dc.titleDie invloed van hibridies probleemgebaseerde leer op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns in Lewenswetenskappeen_US
dc.typeThesisen_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.contributor.researchID10076158 - Golightly, Aubrey (Supervisor)en_US
dc.contributor.researchID11115068 - Petersen, Neal Theo (Supervisor)en_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record