• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die invloed van hibridies probleemgebaseerde leer op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns in Lewenswetenskappe

    Thumbnail
    View/Open
    Greyling_IY.pdf (5.415Mb)
    Date
    2020
    Author
    Greyling, I.Y.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die fokus van hierdie studie was om die invloed van hibridies probleemgebaseerde leer as onderrig-leer-strategie op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns te bepaal. In die studie is 'n voor- en natoetskontrolegroep-ontwerp (Leedy & Ormrod, 2015:29) gebruik. Die eksperimentele groep het bestaan uit Graad 10 Lewenswetenskappe-leerders (n = 164) by drie hoërskole en die kontrolegroep uit Graad 10 Lewenswetenskappe-leerders uit een skool (n = 55) in die Gauteng-Wes-distrik, wie se leerstyle en selfgerigte leervermoëns voor en ná die hibridies probleemgebaseerde leerintervensie van vyf (5) weke gemeet is. Die kontrolegroep het bestaan uit Graad 10 LW-leerders (n = 55) by een skool in die Gauteng-Wes-distrik, wie se leerstyle en selfgerigte leervermoëns gemeet is. Die invloed van hibridies probleemgebaseerde leer op die verwantskap tussen leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns is met behulp van die Sselfgerigte leerinstrument van Cheng et al. (2010:1153) en Kolb se Leerstyl-inventaris (Kolb, 1984:68-69) bepaal. Daar is van die Lewenswetenskappe-leerders verwag om 'n voor- en natoets oor hul leerstyle en selfgerigte leervermoëns af te lê. Die navorser het die groep Lewenswetenskappe-leerders by die eksperimentele groepe wat aan die studie deelneem, se onderwysers (n = 3) vooraf opgelei in die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe-praktiese werk. Die betrokke Lewenswetenskappe-onderwyser by elk van die skole het tydens die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe praktiese werk as fasiliteerder opgetree. Die Lewenswetenskappe-onderwyser (n = 1) by die kontrolegroepe het normaal met klasse voortgegaan. Die resultate voortspruitend uit die ondersoek toon duidelike bewyse dat LW-leerders se algemene persepsies oor die implementering van hibridies probleemgebaseerde leer positief was. Daar kan dus aanbeveel word dat dit as onderrig-leer-strategie in Lewenswetenskappe praktiese werk ook in ander skole geïmplementeer kan word. Die resultate oor Lewenswetenskappe-leerders se selfgerigte leervermoëns toon dat hibridies probleemgebaseerde leer in Lewenswetenskappe praktiese werk nie 'n beduidende invloed op LW-leerders se selfgerigte leervermoëns gehad het nie. In hierdie studie is daar ook geen invloed met die implementering van hibridies probleemgebaseerde leerintervenie op die verwantskap tussen Lewenswetenskappe-leerders se leerstyle en selfgerigte leervermoëns gevind nie.
    URI
    https://orcid.org/0000-0002-5358-2769
    http://hdl.handle.net/10394/35643
    Collections
    • Education [1695]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV