• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Theology
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Electronic Theses and Dissertations (ETDs)
    • Theology
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Pastorale begeleiding aan seksueel verslaafdes

    Thumbnail
    View/Open
    Raath_RS.pdf (3.254Mb)
    Date
    2020
    Author
    Raath, R.S.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Seksualiteit is deel van menswees. Verwronge uitlewing van seksualiteit is nie noodwendig uit die staanspoor problematies nie, maar het simptome wat geleidelik sigbaar word en in kompulsiewe gedragsvorme manifesteer. Seksuele verslawing is ’n veelkantige en omvangryke fenomeen en die invloed van sodanige verslawing kan benewens die innerlike konflik wat verslaafdes, as gevolg van seksuele verslawing ervaar, ook negatiewe gevolge vir die individu en sy/haar naasbestaandes inhou. Die inligting wat in hierdie studie gebied word, kan help om die seksueel verslaafde van naderby te verken ten einde beter insig, met die oog op pastorale hulpverlening, te bekom. Om die kontekstuele begrensing van die navorsing te stel, word die volgende omskrywings van pastorale begeleiding as paradigma gegee. Pastorale begeleiding is die praktyk waar daar deur middel van gesprekvoering probleme met behulp van geestelike hulpbronne opgelos word (Hunter, 1990:497). Hunter (1990:497) gaan verder en stel dat die pastorale begeleider die een is wat vir die welstand en heil van gelowiges omgee. Hunter (1990:497) stel dit soos volg: Pastoral counselors are called and entrusted by religious communities to help people strengthen their faith in God. They are trained to listen, respond empathetically, make assessments, and provide resources for people who seek their help. Clinton et al (2005:16) beskryf dat pastorale begeleiding se hoofdoel is om ’n persoon na ’n ontmoeting met die lewende Christus te lei en dit word deur 'n helper gefasiliteer wat die persoon deur die genesingsproses na geestelike volwassenheid en psigo-sosiale-emosionele gesondheid begelei. Louw (1993:375-376) stel op sy beurt dat die oogmerk van pastorale begeleiding juis daaroor gaan om die inhoud van die pastoraat positief na die beradene te kommunikeer met die oog op die beïnvloeding en verandering van die mens in die herstel van lewe vanuit die heilswerklikheid. Dit verwys na die doel van heling as genesing, verandering, groei en volwassenheid (Louw, 2005a:9). In hierdie studie is die tema Pastorale begeleiding aan seksueel verslaafdes ondersoek en bestudeer. Die doel van die studie is om vas te stel hoe ʼn holistiese Skrifgefundeerde pastorale model, waardeur seksueel verslaafdes tot heling begelei kan word, daar sal kan uitsien. Vir die doeleindes van hierdie studie word Richard Osmer se metodologie in hierdie studie gevolg en is die volgende vier take vir prakties-teologiese interpretasie, soos deur Osmer uiteengesit, gevolg: - Deskriptief-empiriese taak – “Wat gaan aan?” - Interpreterende taak – “Waarom gebeur dit?” - Normatiewe taak – “Wat behoort te gebeur?” - Pragmatiese taak – “Hoe kan ons daarop reageer?” Met die Deskriptiewe-empiriese taak in Hoofstuk 2 is daar op die vraag: Wat gebeur in hierdie betrokke situasie?, gefokus. Die vraag word vanuit die empiriese navorsing, deur middel van ʼn verkennende en beskrywende kwalitatiewe benadering, beantwoord. Data is deur middel van ʼn ongestruktureerde vraelys verkry wat deur agt leraars voltooi is rondom hul algemene ervaring met lidmate in die praktyk wat met seksuele verslawing worstel, te omskryf. Die doel van die studie is om vas te stel hoe daar, deur middel van pastorale hulpverlening, sin aan seksueel verslaafdes se lewensbestaan gebied kan word met die oog op die formulering van ʼn begeleidingsmodel. Die doel is dus om dit wat gebeur het, te kan beskryf en insiggewende waarnemings, ten opsigte van die leraars se belewenisse met lidmate wat met seksuele verslawing worstel, in die praktyk te maak. In die Deskriptiewe-empiriese taak in Hoofstuk 3 is die vraag verder, deur middel van die konseptualisering van ʼn voorlopige model, beantwoord. Die doel is om duidelike merkers te identifiseer vanuit die verskeidenheid van perspektiewe wat bestaande modelle bied. In elk van die modelle is daar individuele aspekte geïdentifiseer met die oog op die formulering van ʼn eie geïntegreerde holistiese en multidissiplinêre model. In die Interpretatiewe taak in Hoofstuk 4 is daar op die vraag: Waarom gebeur dit?, gefokus. Die interpretatiewe taak het dus op die teorieë van die aangrensende wetenskappe staatgemaak om sodoende verdere insig, van wat aan die gang is, te verkry. Die verkenning van seksuele verslawing het ʼn ondersoek na die metateoretiese insigte en perspektiewe van ander hulpwetenskappe en dissiplines vereis om vas te stel watter insigte vanuit die metateoretiese perspektiewe vanuit die aangrensende wetenskappe met betrekking tot die verkenning van seksuele verslawing verkry kan word. Die navorser is nie ’n kenner van die Neurologie, Psigologie en Psigiatrie nie en daar is dus swaar op die beskikbare literatuur in hierdie hoofstuk geleun. In die Normatiewe taak in Hoofstuk 5 word die belangrike vraag wat volgens Osmer hier aan die orde kom: Wat moet/behoort hier te gebeur?, beantwoord. In Hoofstuk 5 is die inligting wat in Hoofstuk 2 en Hoofstuk 3 deur die Deskriptief-empiriese taak geïdentifiseer is, tesame met die Interpreterende aspekte wat in Hoofstuk 4 gevind is, gebruik om teologiese konsepte en sekere episodes en situasies te interpreteer. Die doelwit van Hoofstuk 5 is om basis-teoretiese perspektiewe te formuleer ten einde vas te stel wat die Bybel ten opsigte van die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes leer. Die vraag: Wat behoort te gebeur?, word beantwoord deur vas te stel watter insigte vanuit die Skrif, met betrekking tot die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes, verkry kan word. Tesame is daar ook gepoog om etiese norme, deur middel van eksegetiese evaluering van Skrifgedeeltes, daar te stel. Die verdere doelwit van Hoofstuk 5 is om die beradene tot insig van die waarheid te begelei, ten einde persoonlike ontwikkeling en geestelike groei te bevorder. In die Pragmatiese taak in Hoofstuk 6 is daar op die vraag: Hoe moet daar reageer word?, of Wat behoort te verander?, gefokus. Die doel is om verandering of vernuwing tot gevolg te hê en ook om te bepaal hoe daar in betrokke situasies opgetree kan word. In die Pragmatiese taak in Hoofstuk 6 is ʼn holistiese, strategies-teoretiese model vir die pastorale begeleiding van seksueel verslaafdes geformuleer. Daar is ook in Hoofstuk 6 by wyse van ʼn hermeneutiese wisselwerking tussen die beskrywende, interpreterende en normatiewe perspektiewe gepoog om ʼn holistiese en multidissiplinêre benadering te vestig waarvolgens die seksueel verslaafde uiteindelik pastoraal begelei kan word om weer sin in hul lewensbestaan te vind
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/35428
    https://orcid.org/0000-0001-7809-9627
    Collections
    • Theology [793]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV