• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Natural and Agricultural Sciences
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Natural and Agricultural Sciences
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Verspreiding van Burnupia capensis (Walker, 1912) en Burnupia stenochorias (Melvill and Ponsonby, 1903) (Gastropoda: Ancylidae) in Suid-Afrika

    Thumbnail
    Date
    2009
    Author
    Wolmarans, Corrie
    De Kock, Kenné
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die voorkoms van verteenwoordigers van die Ancylidae in Suid-Afrika is reeds in 1848 gerapporteer. Die eerste omvattende studie van hierdie familie in Suid-Afrika is egter eers in 1923 gepubliseer. Alhoewel verskeie bydraes sedertdien gepubliseer is, is verskeie outeurs van mening dat bestaande kennis oor die Ancylidae steeds gebrekkig is en dat hersiening nie net op spesievlak nie maar ook op genus-vlak nodig is. Tans is daar 14 Burnupia spesies op rekord in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV). Hierdie bydrae handel oor die geografiese verspreiding en habitats van B. capensis en B. stenochorias die twee Ancylidae spesies waarvan die meeste versamelpunte in die databasis van die NVWSV op rekord is en wat ook die mees wydverspreide geografiese verspreiding van hierdie familie vertoon. Alhoewel beide spesies in die meerderheid van die verskeidenheid van waterliggame wat in die databasis vermeld word, aangetref is, is die grootste getal monsters van albei in standhoudende riviere en spruite en op 'n klipperige substraat versamel. Albei spesies is nie gerapporteer uit die droër streke van Suid-Afrika nie waarskynlik as gevolg van 'n beperkte vermoë om desikkasie te kan oorleef in gebiede waar standhoudende habitats 'n uitsondering is. Resultate dui daarop dat hoogte bo seevlak en aard van die substraat 'n belangrike rol gespeel het in die daarstelling van hul gedokumenteerde geografiese verspreiding soos weerspieël deur die rekords in die NVWSV. Min is oor die bewaringstatus van die Ancylidae van Suid-Afrika bekend, maar die karige inligting wat wel tot ons beskikking is, dui op rede tot kommer. Om sinvolle uitsprake oor die bewaringstatus en spesiediversiteit van die Mollusca van Suid-Afrika te kan maak, word aanbeveel dat van die versamelpunte op rekord weer besoek behoort te word waarna die resultate met die bestaande rekords in die databasis van die NVWSV vergelyk kan word.
    URI
    http://hdl.handle.net/10394/3445
    Collections
    • Faculty of Natural and Agricultural Sciences [4781]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV