• Login
    View Item 
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    •   NWU-IR Home
    • Research Output
    • Faculty of Education
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach

    Thumbnail
    View/Open
    2019 Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd.pdf (550.4Kb)
    Date
    2019
    Author
    Meyer, Susan
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Die troebel tyd skep ’n genuanseerde uitbeelding van depressie, ’n steeds gestigmatiseerde verskynsel in ons samelewing, ’n kritiese bewustheid van “andersheid” oftewel die afwyking van die sosiaal gekonstrueerde norm. Die roman beeld ook die voortgang ná depressie uit, geestelike oorlewing wat verbind word met belewings rondom walvisse en ontmoetings met hierdie diere wat die hooffiguur se lewe “in ’n beduidend ander koers stuur” (teksomslag). Die ondersoek vind plaas binne die teoretiese raamwerk van die derde golf in die ontwikkeling van die ekokritiek, en verloop in ooreenstemming met een van die sentrale oogmerke daarvan: die verkenning van verskillende aspekte van menslike ervaring vanuit ’n omgewingsoogpunt. Die ondersoek is daarop gerig om te onthul hoe die dualistiese beskouing van menslike belewing teenoor “ander” of “periferale” lewensvorme in Die troebel tyd uitgedaag word. Hierdie tweeledige beskouing word vervang met ruimer idees in verband met die verskille wat die begrip menslik in sigself huisves. Die uitbeelding van Magrieta se “andersheid” is onder die soeklig. Aan die hand van Serenella Iovino se onderskeid tussen die verskillende terreine van “andersheid” binne die menslike belewingswêreld as teoretiese vertrekpunt word die uitbeelding van Magrieta se depressie as “wildernis van gees” ontleed en beskryf. Daar word vasgestel dat haar innerlike toestand van “wildernis” op bevrydende wyse in groter insig oor die aard van menswees uitmond en hoe dit gebeur: deur die prosesse van oopstelling vir en gefokuste aandag aan verskynsels uit die natuurwêreld, deur direkte en subjektiewe belewings daarvan. ’n Mistieke reis, waarin ontmoetings met walvisse die bakens op die pad is, lei tot begrip omtrent ’n wyer bestek van menswees, maar terselfdertyd ook omtrent die geringe plek van die mens. Die mens is bloot mede-aanwesige met alle lewensvorme in die gedeelde skeppingsgeheel; medereisiger met ander swerwers van menslike en niemenslike aard.
    URI
    https://www.litnet.co.za/wildernis-van-menslike-belewenis-in-die-troebel-tyd-van-ingrid-winterbach
    http://hdl.handle.net/10394/33798
    orcid.org/0000-0002-7211-1530
    Collections
    • Faculty of Education [759]

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV
     

     

    Browse

    All of NWU-IR Communities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis TypeThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsAdvisor/SupervisorThesis Type

    My Account

    LoginRegister

    Copyright © North-West University
    Contact Us | Send Feedback
    Theme by 
    Atmire NV